’n Quicky
Hallo julle.
Ons is woes aan die ploeg in die stylkantoor want ons soek ’n nuwe Cleopatra in ons lewe. Ons dae is egter so vol opwinding soos administrasie dus sal ek sake puntsgewys opsom:
- Aldus die uitnodiging wat ‘n leplek in my inbox gekry het, tree Patricia Lewis op by die opening van ’n slaghuis in Rustenburg en dan is daar ’n spesiale prys op Bockwurst. Dalk ? bietjie ver vir my en om eerlik te wees ek is bang sy grou my rou as sy my sien na my blog oor haar ‘n ruk terug.
- Die Prinses van Pretoria is terug op die toneel, so verwoed soos ’n hoëveld donderstorm. Ek dink sy het ’n magiese krag so van nou af heet sy “Voedoe Barbie”. Gewoonlik verval haar towerspel net so gou soos donderstorms in Sandton oorwaai.
- My maag is seer want ek gym al heel week saam met Prinses Christine. Prinses Christine is ’n adellike van Uitenhage. (Dit mag wees dat sy haarself gekroon het net soos Carl Niehaus homself eredoktersgrade by Nederlandse Universiteite toegeken het maar net soos die regerende party praat ons nie daaroor nie tensy ons onhoorbaar en onsinnig mompel.) Ek het ’n spier getrek maar darem nie so erg soos Suid-Afrikaanse sterre graag die waarheid rek nie.
- Laat weet my as Steve Hofmeyr iets oorgekom het want dan kan ek weer Huisgenoot lees sonder om in daai steekbaard brakkie ag ek bedoel bakkies vas te kyk. Gepraat van OVER EXPOSED. Wie stel belang wanneer ons ’n nuwe weghol-sukses Afrikaanse kortfilm het wat Leon Schuster movies se gesamentlike verkope oor drie dekades gaan oortref?
- Een van ons getroue 100+ sterk FABULOUS bloglesers (jy weet wie jy is) het dit op haarself geneem om die volgende skrywe te rig aan Gavin Prins – die joernalis agter Joost se debakel. Ek haal dit direk aan:
From: GESENSOR
Sent: 16 February 2009 08:47 AM
To: Gavin Prins;
Subject: Joost
Importance: High as a kite
Hi Gav,
Ek sien jy het nou weer ‘n stukkie prag celeb nuus opgedis die naweek!!!!! Vertel my bietjie waar ek die video kan sien???????
Groete
GESENSOR
From: Gavin Prins [mailto:GESENSOR]
Sent: YESTERDAY 11:13 AM
To: GESENSOR
Subject: RE: Joost
Hahaha!
dis nie so maklik nie. nie eers vir Joost nie. Hy moet ’n afspraak maak om sy eie porno te sien
Quote unquote. So ons sal met gesigsherkenning tech tevrede moet wees. Ek is nou vir eers oppad na ’n Bobbi Brown boek bekendstelling toe.
Lekker daggie!
Posts