In geur en fleur

    oscarEk is in ’n toestand oor die Van der Westhuizen-Vittone’s en hoe hulle die storm gaan af weer maar mens moet maar voortbeur in die donker dae en ek gaan na die bekendstelling van Oscar Pistorius se parfuum: Carbon. For Men.
    By die veranda van die baie chi-chi Melrose Arch hotel verstar ek toe ek welkom geheet word deur meisies wat lyk of hulle Catwoman pakkies aan het maar dis nie noupassende rubber nommers wat hulle dra nié.

    Net soos Joost nié Polo sokkies of onderbroeke met gaatjies daarin dra nié. O genugtig, ek moet fokus. Maar die arme Amor….

    Nee, die meisies is ge-body paint.

    Eksotiese klanke met ? doef-doef ritme en groot oranje tente met materiaal wat saggies dans teen die blou-blou lug laat mens dink jy gaan enige oomblik ? sjeik se harem teëkom. Jy vlei jouself neer op een van die dagbeddens vol strooikussings en die mooiste mense dartel nader met skinkborde vol appeltertjies gepak.

    Maar ek weier om aan terte te dink. Dat daar sulke sluwe mense is wat aan die stoffasie van die model gesinne van ons samelewing wil torring. Amor & Joost is soos Posh & Becks man! En die Beckhams het ook vendettas en los meisies oorkom ter wille van ? prentjie-perfekte gesinslewe (en moontlik omdat hulle parfuums beter sal verkoop as hulle ’n paartjie bly). Maar Joost en Amor moet vir eers die stink aantygings weerlê.

    Oscar groet elke gas met die hand. Hy is vriendelik dog lyk hy skaam vir die aandag.

    En selfs al het Joost die dinge gedoen, wat het dit met enige iemand buiten Amor te make? Maar Amor & Joost is nie skaam vir aandag nie. Anders sou hulle nie gekies het om in die kollig te leef nie.

    Jen Su, 5FM se skindernuus korespondent is hier. Sy dra ? hoed wat soos ’n geblomde piepiepot lyk en almal hou duim vas hulle is nie ’n sitplek agter haar geallokeer nie. TV aanbieder Elana Afrika lyk prettig in pienk en Graham Richardson, voormalige SABC kontinuiteitsaanbieder is die gasheer vanoggend. Die skoonheidsredakteur langs my is so been af op Oscar dat sy haar sjampanjeglas breek met ? geklater wat alles tot stilstand ruk. Gelukkig bloei sy nie op enige bekendes nie en die program gaan voort. Anlie van Vrouekeur waai rook newels om haar kop weg.

    “Netnou ruik ek soos Chucky se bruid,” sê sy ergerlik.

    Maar die oorsprong is toe nie Anlie se buurvrou, die swymelende skoonheidsredaktrise se sigaret nie, wel ’n stoommasjien wat vir teatrale effek bollings rook uitskiet.

    Oscar vertel hoe hulle met 81 geure begin het, ’n kortlys van 6 gunsteling geure gemaak het en uiteindelik op 2 parfuum formules besluit het waarvan die eerste vandag op die rak is. Hy verduidelik dat hy passievol oor die mode is maar tog min weet van velsorg. As jy ? rukkie met hom gesels lyk dit tog of hy ? ding of twee geleer het oor die skoonheidsbedryf want hy beplan dalk om selfs ? velsorgreeks die lig te laat sien.

    Ek google gou op my blackberry wat die nuutste oor die video eskapade is. Ter wille van bondigheid kort ons ? akroniem vir hulle soos wat Brad en Angelina “Brangelina” heet.

    Amorjoos?

    Laat gerus weet as jy ? beter idee het! O ja, En Oscar se nuwe parfuum? Blink idee! Hout en speserygeure klink swaar maar dis ’n ligte en moderne fyngeur. Vir die metroman. Wat onderbroeke sonder gaatjies dra.

    Share/Save/Bookmark

    4 Kommentaar op “In geur en fleur”

    1. ryno mulder

      Joost het gistraand die video gesien en alhoewel hy erken dat die man in die video “ooreenkomste” toon, hou hy voet by stuk. Maar as jy weet jy het niks sulke dinge gedoen nie waarom het jy nodig om enigsins die video te sien?

    2. The lua

      amoreus = amorjoos…. selfde ding verskillende spelling…haha:grin:

    3. ryno mulder

      :lol:

    4. ryno

      FINESSE SE SPAN WENS OSCAR ‘N SPOEDIGE HERSTEL TOE NA SY ONGELUK LAAS NAWEEK.

    Lewer Kommentaar