Oor die mense van Witbank (en tee saam met Flooze, nie Steve nie)
Daar is mense in Witbank en hulle is upset. Hulle protesteer en skryf briewe aan die Uitsaaiklagte kommissie en maak plakkate sodat hulle hul kinders voor Danie Odendaal studios kan vasketting en hulle e-pos vir Huisgenoot. Hulle voel vere vir Esmaré wat nog ontstig is dat sy Rooibostee uit haar hare moes was. (Rooibostee is eintlik baie goed, selfs vir hare hoor.) Nie dat jy wil he Steve Hofmeyr moet jou die kop was oor ‘n koppie tee nie.
? Tannie van Witbank skryf in ? onlangse uitgawe van die land se ander gunsteling tydskrif dat sy betwyfel of daai gruwelike draaiboek skrywers van 7de Laan (aldus haar) al ooit in Witbank was en dat hulle die Witbank mense uitmaak as “common”. En nie net gewoon “commen” nie, sommer kômmin soos gras. Dit alles oor een karaktertjie in die sepie – die “flooze van Witbank.” Na die debakel moes ek net meer gaan uitvind oor haar maar voor my GPS Witbank kon opspoor hoor ek haar regte naam is Sorina. En ek was bietjie teleurgesteld dat sy nie ’n motorfiets ry toe ek haar ontmoet - vir tee - nie.
Haar volle naam is Sorina Erasmus, oorspronklik ’n Bosvelder, woon sy nou in Pretoria saam met haar funky boerseun (vir wie sy ’n song op haar cd geskryf het) en sou mens nie kon dink dat die platinum blondine wat gek is na Europese platformskoene, en etes by die beste plekke in Brooklyn, so ? maalkolk kan ontketen nie. Ek kuier 2 ure saam met haar en ons word minstens 5 maal onderbreek.
Die vrou wat die tee bedien trek los “Flooze, Flooze!” Die res is in ’n inheemse taal maar mens hoef nie te verstaan wat sy sê nie want haar groot wit glimlag sê als.
’n Man met ’n besemsnor en ’n check hemp asook sy handlanger wat herstelwerk doen in die modieuse straat vol dekor boetieks, stop in hul spore. Flooze moet eers handtekeninge uitdeel en poseer vir ’n selfoonfoto. Soos baie Afrikaanse sterre is sy nie kamerasku nie.
Later kom drie vroue daar aan. “Ek moes nou vir myselwers kom sien! Ek sê vir Charlotte en Harriet daai IS mos Flooze daai, djy maak excitement innie laan!” kraai sy.
Sorina groet almal met die hand, vra hulle uit en bedank hulle dat hulle die program kyk.
Maar wat dink Sorina oor die mense wat sy so gru?
“My opinie oor Witbank? Ek was al omtrent drie maal daar. Dis nice mense. Veral by Radio Kragbron. Hulle ondersteun my en speel my musiek. Ek weet die publiek glo verseker ek ís Flooze en ek ís van Witbank en daar is seker elemente van die karakter in my, na drie biere veral!” skerts Sorina. “Ek dink mense sien egter elemente van hulleself in haar en daarom is sy geliefd. Dis vandag die eerste keer wat ek eintlik iets negatief oor haar hoor. Ek dink Flooze is baie likeable. Deur haar, kan mense vir hulself lag. Dis goed om vir jouself te lag. Die tannie van Witbank kan eintlik trots wees op Flooze want Flooze is pretensieloos. Sy drink melk uit die bottel uit. Sy is méns. What you see is what you get.”
Voor Sorina gaan regmaak vir ’n internet video onderhoud waai sy totsiens. En skielik uit die bloute steek Flooze kop uit. “Ek watch jou!”
LEES MEER OOR SORINA IN FINESSE SE APRIL UITGAWE OP BL. 104 OF BESOEK www.sorina.co.za
Posts
2009/02/25 om 09:05
:neutral:Net vir die rekord - ek het familie in Witbank en hulle is fantastiese mense. So ek het self geen drama met die Witbankers nie!
2009/02/25 om 12:22
ryno, baie dankie vir jou mooi blog-artikel — ek waardeer dit.
baie dankie ook aan finesse vir die voorreg wat ek kon he om saam julle span te kon kuier — ek sien uit na die april uitgawe en ons paadjie vorentoe
flooze groete (ek watch jou, my tjomma)
sorina erasmus
2009/02/25 om 13:22
bly jy hou daarvan! was stunning om jou ook te ontmoet! en mag ons nog baie van Flooze en Sorina sien!
2009/04/09 om 16:16
Hey Julle!!!
Ek dink mense wil te tegnies raak. 7de Laan is fun en flooze het dit net die moeite werd gemaak om te kyk. Ek dink jy is pragtig Sorina en glo ons gaan nog baie van jou sien… al is dit nou nie as die flooze in 7de laan nie.
Cheers!!!
2009/07/17 om 13:05
Kom nou Witbankers (moenie so fyngevoelig wees nie) ek was self ‘n oud inwoner van Witbank en die mense daar is pragtig. Elke dorp of stad het wel sy “commen” oomblikke. Flooze het bloot ‘n rol gespeel in 7de Laan en ek was gek oor haar rol en die van neef Gert(Ben Kruger)ek hoop ons sien Sorina sommer gou weer in die laan.
2009/07/30 om 14:31
So gepraat van Witbank en 7e Laan. Daai oulike kelnerin, Annelie kom regtig van Witbank af, ek het haar matriek afskeid fotos gesien:)