Verduiwels!
Amor voel die media se angel. Haar kommentaar was nou net op die radio oor die maalkolk rondom haar man se betwiste katel debakel. “It’s from the Devil!”
Van die os op die jas.
Die duiwelse lastigheid met boeke oor grimering is dat heelparty van die boeke dit laat lyk asof die model net oogomlyner en bietjie blosser gekry het en VOILA! Toe verander sy in Gwyneth Paltrow!!! Nou wil ek net weet of bietjie peroksied en ’n aangenome peuter uit Ghana my sal verander… VOILA! In Brad Pitt?!!!
Toe nie, wiele.
Ek was al op genoeg mode fotosessies gewees. Verlede jaar alleen meer as ? 100. Verkwalik my dat ek my tot gif-inspuitings in my voorkop wend met so ’n aanslag van ego’s. Dis baie erger as UV blootstelling. Jy sal ook heeldag ’n paniekerige trek op jou gesig dra.
Dit neem ? uur, indien nie twee nie, om voorbladsterre se gesigte fotografeerbaar te kry. (Op ’n sessie ’n paar weke terug het die ster se grimering 5 ure geneem! Meesal omdat sy so besig was op haar selfoon dat die grimeerkunstenaar nie haar mond geverf kon kry nie. Ons moes eintlik die pruikgom gebruik het om haar mond mee toe te hou want haar skinderstories oor die ander celebs was so erg, dis onpubliseerbaar.) As jy gedink het jy is nie erg oor jou buurvrou nie… party van die celebs wil mekaar se oë uitgrou!
Ek is nie lief vir my buurvrou nie. Haar naam is Yu Noi Si. Sy is ’n wêreldklas pianis van Shanghai en oefen 4 ure per dag aan die somberste bladmusiek. Toe sy en haar gade ’n woordewisseling het laas Sondagaand toe dink ek “vergewe my maar kan hy nie maar net haar pinkie verstuit nie, net dat ek een week lank teen 23h00 kan gaan slaap sonder om na ’n requiem te luister.”
Waar was ek? Ek dink my aandag afleibaarheid is alles die buurvrou se skuld. Haar musiek smokkel met my kop.
Bobbi Brown se boek is so ? slim idee dat daar net een vraag hieroor behoort te wees – hoekom het dit tot 2009 geneem voor so ? boek op die rak is? Volgens Will Malherbe, die hoof grimeerkunstenaar vir Bobbi Brown Suid-Afrika, het die boek elke antwoord en tegniek in oor grimering. Regtig. As jy wil weet hoe om te grimeer sonder dat dit lyk asof jy grimering aan het (en dit is die voorkoms waarvoor die eerste dekade van die millenium onthou gaan word) dan sal jy dit hier leer. As jy wil stap-vir-stap wil sien hoe kry jy rolprent ster sexy smokey eyes, die boek leer jou die geheim. Voel jy uitspattig en wil turkoois oogskadu dra? Die boek sal jou wys hoe om dit te doen sonder om laf te lyk. Hoe grimeer jy vir werk, ’n onderhoud, ’n troue? Die boek is gepas getiteld “The Makeup Manual”, want elke grimeervraag wat jy het word hierin beantwoord.
Ek moet nou ’n nuwe grimeerkunstenaar soek want Dollar is nie beskikbaar nie – sy het vanoggend gehoor sy gaan een week lank werk saam met Japanese Vogue. Sjoe-sjoe-sjoe!
Die foto’tjie hierbo is waar ek en Dollar pruil en poseer saam met Ryk Neethling. Sjoe-sjoe-sjoe!
Posts
2009/04/19 om 07:56
JULLE! eK HET TOE UITEINDELIK MY MEDIA KOPIE VAN BOBBI SE BOEK GEKRY VRYDAG! oeps, skuus vir die caps. Dis fantasties, As jy hou van skoonheid, grimering, daar is nie iets wat hulle uitgelaat het in die boek nie! Die bybel van makeup boeke!