Bodybeat

    devilishHier by die Finesse hoofkwartiere is ons gekwetter (die Afrikaans vir Twitter, wat die nuwe Facebook is noudat te veel mense oor 50 begin Facebook het so dis nie meer cool nie met die gevolg dat ryk computer nerds ? nuwe manier moes vind waarmee ons tyd by die werk kan mors sonder om te lyk asof ons tyd by die werk mors) alles behalwe vervelig. Goed, baie daarvan is nie geskik vir die gedrukte media nie en ek wil verdere verskynings in die Randburgse Magistraathof vermy vanjaar want dit depress my ongelooflik dat ek nie kon onderskei wie is die magistraat en wie is die vullisverwyderings personeel nie. Albei het swart oorpakke aan, kou oopmond, skree hard in die hof se gange in iets wat nie vir my klink soos ’n amptelike taal nie. Maar die hooggeagte styl prokureurs het darem die volgende skrywe goedgekeur ingeval julle aandadigheid aan my lot vrees.

    Ek hoop ek kry die foto’tjie opgelaai wat ek vir julle wil wys. Sukkel mos vreeslik met die techo-nology (uitgespreek in aksent van Randburgse magistraat of is dit nou skoonmaker?). Die publikasiemaatskappy se gekontrakteerde IT bleeksiele kom elke twee weke om my weer te wys dat ek nie my vingers in die prop moet steek nie en om my na die Rhema kerk te nooi. My afleiding is hy het seker ook my blog gelees en wil my van die breë weg laat afsien. Alhoewel die Rhema gemeente ’n breë weg moes baan om die agbare meneer Zuma daar te verwelkom.

    In ? land waar ons die deur nie eers op ? skrefie wil oop los vir die Dalai Lama nie. Goed maar die Dalai Lama kan beskou word as iemand met besigheidsbelange wat teenstrydig is met die wins doelwitte van beide Rhema en ons regering.

    Politiekery, hoe vervelig. Verskoon my. Ok nee ek weet dit was onverskoonbaar.

    Die foto wat ek vir julle wil wys is anoniem aan my ge-epos. Tot op hede het niemand nog verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie en ek het al soveel instansies upset dis te vermoeiend om die lys forensies te ondersoek. As jy NIE die kiekie kan sien nie, dis een waar my redaksiefoto op kras wyse aangepas is. Maar ek dink die horings pas by my! LOL :-)

    Dit was 1996 toe ek laas ’n active wear winkel op horings geneem het want my hoërskool het ons gedwing om aan die kleuresport deel te neem. Dit is, soos my hele hoërskoolloopbaan, ? herinnering wat ek met geen heimwee na terugkyk nie. Al wat ek deesdae aktief dra is my Stepford wives/standaard skoonheidsredakteur Botox gesig. Ek gaan weer een van die dae liggaamsdele laat inspuit wat voorheen nog nie aangevul is nie maar ek sal dit lewendig op die web doen dat julle die bloed en glorie in real time kan aanskou sonder om dit later op ’n pay-per-second werf hoef te besigtig. So toe gaan kyk ek na ’n Yoga pakkie want geen mens met selfrespek kan Polo sokkies en ’n gaterige broek dra as jy van plan is om boude in die lug te lê naas ’n vietse blondine wat haarself soos ’n Pretzel kan vou nie.

    Gepraat van bombshells. Die staaltjie sal ek maar volgende week moet vertel. Het nou ’n afspraak met een van my bloubloed assosiate aangesien ek twee dae laas aandag gegee aan die Prinses van Pretoria en as sy uitvoerende magte gehad het in die domein van Waterkloof sou sy laat-wees strafbaar met die dood maak.

    Share/Save/Bookmark

    2 Kommentaar op “Bodybeat”

    1. Eric

      :twisted: hahaha dis classic.. ek dink ons moet n shoot doen en die modelle so beetkry met n stukkie vetkryt :razz: of maybe moet jy dit jou nuwe bestuurderslisensie maak, dan sal tannie “aikona” nie met jou sukkel nie

    2. ryno mulder

      :lol:

    Lewer Kommentaar