Die morestond het goud in die mond

    joannPing-Ping-Ping!

    Dis hoe dit voel – my nuwe slaappatroon.

    Een oomblik droom ek nog dat ek diplomaties verskil met die uitlegkunstenaar oor hoe die bladsye van my volgende haar artikel gaan lyk:
    “Ek dink nie ek voel gemaklik hiermee nie…” – ander kere is ek minder diplomaties:
    “Het een van julle poppies die voucher vir die gratis naweek na Sun City se nuwe hotel onderskep?!” – die volgende oomblik is ek wawyd wakker. Asof ’n klokkie in my kop afgegaan het.

    03:30 in die oggend.

    Het ek genoem wawyd wakker? Dat ek maar die lig aanskakel, na die plafon staar asof dit die buitewyke van infiniteit is en my duime rol. Regtig. Daar is ’n verband tussen die sensasie van intense verveling en jou duime rol. Die persoon wat met die uitdrukking opgekom het het definitief ook aan hierdie weergawe van insomnia gely.

    Ek blaai deur die nuwe Vogue.

    (Dis navorsing en tel nie as ontspanning nie.)

    Fendi, is die Italiaanse modehuis wat bekend is vir hul ontwerpe met pels. As jy gedink het jy het nog nie Fendi gesien nie, jy het.

    Onthou jy Celebrity Big Brother? Toe Jo-Ann Strauss iets verruklik in pers aangehad het – sy lyk eenvoudig incredible in blou en pers. En sy het sulke lang-lang reguit hare gehad wat net te lank was om nie ’n haarstuk te wees nie. Ek dink sy kon nie wag dat die reality show verbygaan nie want sy het seker ook geen rus gekry nie. Eerder as om die illusie te bederf het die meisie maar net nie gaan slaap of gestort nie ten einde daardie haarstuk te onderhou.

    Hoe sal dit lyk as sy WOEPS haar haardos uitruk, in die stort spring en WOEPS daar het sy skouerlengte hare in sulke fyn nat krulletjies?

    Ek raak al weer die pad byster.

    Jo-Ann het in die Big Brother huis opgedaag met ? R37 000’se jakkalspels handsakkie wat nie veel groter as haar fyn handjie was nie. Oorgetrek in dieppers Swarovski kristalle. Toe ek haar ewe diplomaties daarna vra het sy ewe diplomaties geantwoord dis ? geskenk van haar bewonderaar die sultan van Oman maar ek raai net sy wou nie erken sy shop self fur nie. Jy het seker al op Youtube gesien hoe skil die Chinese die hasies lewendig af vir hul velletjies en hou ? groot soppot naby sodat die hasie bloederig voor die skerm daarin kan spring.

    Fendi en Karl Lagerfeld, hul ontwerper met so ’n perverse palet soos ons Asiatiese vriende (hy was op ? streng perde steak dieet waar hy twee mense aan gewig verloor het maar nou het hy soveel los velle hy dra ? hoë, styf gestyselde kraag wat tot teenaan sy ken kom so hy kan nie sy kop draai nie), het die 24 karaat pelsjas ontwerp. Ek belowe. Talk about “gilty pleasures”.

    As jy al van 03:30 die oggend wakker is en nie onder die invloed is nie het jy kwalik ? sin vir humor.

    Blykbaar sit hulle die pelsjas onder druk wat die haarskubbe laat lig en spuit goud in vloeibare vorm onder geweldige druk oor die jas so die hare absorbeer die uiterse fyn sproei. Die resultaat is ’n jas met die sagste tekstuur en ’n fenomenale vermoë om lig te kaats in ware goud. Die pryskaartjie? Ongeveer R1 000 000! Presies wat ons nodig het in ons huidige ekonomiese klimaat? Ook nie iets wat jy plaaslik wil dra in die straat nie. Jy sal jou pels vinniger verloor as ? hasie in Ho-Chi-Min stad.

    Maar wag. Ek en my regte hare en my poliëster baadjie moet vir eers terugkeer na die Finesse torings se reality realiteit. Om regte werk te gaan doen, julle.

    WAT IS DIE MEESTE WAT JY AL OOIT OP ‘N MODE ITEM OF SKOONHEIDSPRODUK SPANDEER HET? MOENIE SKAAM WEES NIE… JY MAG ANONIEM BLY!

    Share/Save/Bookmark

    Een Kommentaar op “Die morestond het goud in die mond”

    1. Madeliefie

      r5 500 vir ‘n paar True Religion jeans. My man het die horries gekry toe hy uitvind, sal ok nie einde van daai storie hoor nie :cry:

    Lewer Kommentaar