Onder die loep
Trrring-tring!
“Dit is Ryno wat praat, hallo?”.
Hier bel die ster, sy onderbreek haar program se opname so angstig is sy. Ek is effe onkant gevang en wonder hoe sy deurgeglip het want assistent 1 en 2 is rotweilers wanneer dit kom by oproepe deurskakel. Nie dat ek enige iemand vermy nie! Ek hoor wel by betroubare bronne dat die wywe van sekere manlike Afrikaanse ikone wat warm onder die kraag is (en sommer oralster warm is daar onder tot by hulle voete) gooi deesdae hulle selfone in die swembad en word deur spinnekoppe gebyt – enige rede om nie deur die media gekonfronteer te word oor manlief se sports nie. Amor se bestuurder het volgens ons kontak streng instruksies gekry om nie enige koerante of tydskrifte in haar gesigsveld te hê nie. Ek glo haar bloedjies se au pair gaan bedank noudat X-box hulle nie meer kan babysit nie. Maar terug by die schmelebrity wat se keel so toetrek.
“Rynooo…! Uh, jy weet ons gesels mos nou maar net… Die publiek hoef nie te weet dat daar op enige gegewe moment 39 sms’e in my Blackberry inbox vir my wag en 634 facebook notifications nie!”
Die mens haal ongemaklik asem. Wat noem ’n mens die stemtoon? Siek-soetlik? Ja, dit laat dink my daaraan as jy jouself naar geëet het agter die lekkerte aan van ’n baie stroperige Sondag nagereg.
“En nou sien ek hier staan allerhande goed van my op daai blog van jou! Joe, ek het nou nie geweet die hele wêreld gaan dit lees nie! As ek so na myself luister het ek nie geweet dis hoe ek klink nie!”
Maar jy is dan elke dag in almal se sitkamer. ’n Gehoor van 2 miljoen sterk. Laat hulle die celebs nooit uit die ateljee uit om die son te sien nie?
“Oe, die goed wat ek sê….
Ek is nie een van daai mense wat wil hê die hele land moet weet ek het vanoggend gewaps na ek by die Wimpy gaan eet het nie!
Hoe gaan dit met jou hart?”
Ek bars uit van die lag. Ek moes. Anders sou ek my vererg het dat sy haar stoelgang en my romantiese lewe in een asem noem, so beroerd soos my romantiese lewe by tye mag wees.
Kliek.
Daar raak die lyn stil. Die ster moes gedink ek het ek chuckle vir haar en nie vir myself nie.
Dit bring mens by ’n etiese vraag wat die afgelope weke ter sprake gekom het soos nog nooit tevore nie – is beroemdes geregtig op ’n private lewe? Veral diegene wie dit onverbete ten doel gestel het om in die kollig te leef. Amor Vittone het as die Legkaart Bonanza flossie 21 jaar terug saam met Patricia Lewis die puntetelling borde oor ons TV skerms paradeer. Hei. Almal moet iewers begin. (Mens wonder of hulle vete al daar begin het.) Kan dié mense wat hul uitspattige lewenstyl van groot villas, luukse motors, duur klere, oorsese vakansies en elke denkbare bederf onderhou met die geld wat jý uitgehaal het by hulle optredes, besluit dat dit hulle skielik nie meer pas om hul lewe met jou te deel nie? Terwyl hulle voorheen elke ander geleentheid geneem het om die visier op hulself te hou.
Gepraat van tannie Trish. My werkskollega wat ons al voorheen ter wille van haar onprofessionele redes slegs as GESENSOR geïdentifiseer het, het vanoggend met groot smaak en ’n selfvoldane grinnik kleurafdrukke op my lessenaar gelos. Van ’n sekere Duitse rolprent. ’n Vurig romantiese verhaal. Die foto’tjies is heelwat duideliker as die veronderstelde Joost kiekies. En daar is geen gaterige onderklere nie, om die waarheid te sê die swart minirokkie, glasveselnaels en strooiblonde hair extensions is onmiskenbaar. Gedorie! Julle, wie sou nou kon dink dat ons eie Superster so helder sal skitter met ’n brunette aan haar boesems genestel! Selfs al wou ek sal ek nie die prentjies op my blog kan sit nie. Dan sal julle vandag nooit aan die werk kom nie want julle gaan dit vir al julle vriendinne forward.
OP DIE FOTO HIERBO IS ADVOKAAT BARBIE VOOR ONS KAMERA. KOMMENTAAR WORD GERESERVEER TOT NA HAAR HOFSAAK. WATCH THIS SPACE…
Posts