Bad Hair Day
Donderdag kou ek my tandjies stomp want die internet het doodgegaan. Geen e-pos, geen e-bay, nada.
Ek skaam my dat ek verslaaf is aan skindernuus. Bestaan daar enige ander nuus as skindernuus deesdae? Ons is almal toeskouers van die grootste sirkus in Afrika.
Hoor jy die draai orreltjie karnavalmusiek? Pam-pam-parra-parra -pamp-pam pa-da…
“Kom nader dames en here, moenie bang wees nie, kom kyk na die grootste skouspel, gekkespul, oëverblindery in die wêreld!”
Meneer Zuma - die ringmeester met sy spleetogies, blink kop en glimlag wat kriewelings in jou ruggraat afstuur! Joost, eens ? rugbyspeler, nou ? matras akrobaat! Oprah se skool van aspirant akrobate maak naam vir die doeltreffendheid van hul kurrikulum! By die meisieskool word die anatomie en voorligtingsklas gekombineer en leerders kry sommer die kans om mekaar baie deeglik te leer ken. Internasionaal is die kyk- en leesstof ook tops. Terminale siekes soos Jade Goody sterf met ’n vol gesig grimering in ’n direkte TV uitsending. In die slot episode van haar sage wat op Britse Big Brother begin het, is daar straatverkopers wat stokkielekkers onder die R.I.P. handelsmerk met haar gesig op verkoop. Terwyl haar stoet in die agtergrond verby skuif. Dis alles net te vreemd. As mens met ? helder verstand daaroor dink behoort dit jou in koue sweet te laat uitslaan. Ek kry egter nie kans om verder hieroor te mymer en murmureer nie want Pretoria Prinses bel my in ? tizz.
“Wat gaan aan?” vra ek met my beste besorgde stem.
Marseilles die poedel is in ’n toestand, sê haar majesteit.
“Hoekom dan?”
Sy was by Pampered Pets Parlour.
“Ek dag Marseilles hou gewoonlik daarvan om ’n trim & blowdry te kry?”
Nee, sê haar majesteit, sy lê slap in haar koei patroon mandjie en wil nie eers die soet tjillie Niknaks eet waarvoor sy so lief is nie.
“Het hulle haar raakgesny?” wil ek weet want die pooch salon het so ’n blinde gôggo daar. Sy is 70 in die skaduwee. Dood goed en goed dood.
Nee, ek sien nie bloed nie.
(Die Prinses se tiara sit seker nou al skeef want die foon knars al so krampagtig klou sy dit vas.) Ek ry dadelik deur om te gaan kyk.
Geen wonder. Marseilles het seker haarself in die spieël gesien. Dalk is dit omdat sy die ene bek en blaf en geen byt is nie maar hulle het haar hare so ? square cut gegee, pure Mike Bolhuis. Ek lag myself ’n papie. Marseilles heet nou “Mej Bolhuis, the poodle formerly known as Marseilles.”
Pretoria Prinses kyk my vies aan en sê, Haai sies. Ons gaan vra dadelik vir ? refund.
SMAAK MY MENS KAN NIE DUIDELIK MARSEILLES SE BOLHUIS CUT - DIE NUUTSTE IN PRETORIA POOCHES SE COIFFURE TRENDS - OP DIE FOTO SIEN NIE. AS JY OF JOU BESTE VRIEND SO ‘N STYL SOEK, LOS KOMMENTAAR EN EK KAN MARSEILLES SE SALON AANBEVEEL!
Posts
2009/04/15 om 14:15
Hahahaha shame arme Marseilles. Darm groei hare weer terug!!!