Skinderbek!
Onthou julle daai stewige meisie met die plaas-aksent en die do-it-herself gekleurde swart hare wat eens op ’n tyd op Glitterati (KYKNET) was? Ek dink haar naam is Yolanda Barnard.
Ons het uitgevind waarmee sy intussen besig was.
Sy het my voorgespring en die eerste tell all geskryf oor Suid-Afrika se celebs. Die boek – slegs op die internet beskikbaar - se naam is Die Ponies Galop. Ja mense, sy het haar pos as joernalis ingespan, op slinkse wyse die celebs se vertroue gewen en wat die res betref haar ore uitgeleen en héérlik aangedik. Sy vertel Minki is rof met almal, Robbie speel kleilat met Nicholus Nicholis Louw en dat Amor al die pad snuf in die neus gehad het oor Joost. O ja en dat Yolanda geen ooghare het vir die sangeres Nedine Blom nie maar dan is Yolanda nie die eerste om so te voel oor juf Blom nie. (Die skinderskrywer se redes vir laasgenoemde is so skurf julle moet maar liewer self gaan lees….).
Die schmelebrities moet nou nie te kwaad wees vir Yolanda nie. Sy het huur om te betaal.
En hulle het geweet waarvoor hulle hul inlaat toe hulle hulself in die publieke oog begewe het. Die lessie? Vergeet roem. Of, as jy bekend is, gedra jou mooi. Want iemand gaan jou sien en vir ’n bloedhond joernalis vertel wat op haar beurt vir almal gaan vertel!
NS. Gedorie, Yolanda, as jy Ryno se blog raaklees, soek hy kommissie vir die bemarking my pop!
Posts
2009/10/08 om 08:37
Nedine Blom het vanoggend as volg reageer op Yolanda se boek:
Hi Ryno
Ek dink ek moet Yolanda net vryspreek en haar vergewe. It’s her own journey she needs to travel.
Liefde en lig!!
nedine