Roetine - Lindie Strydom
Ek roem nie op baie dinge nie. Ek is slim genoeg om te weet dat ouerskap soos golf baie nederig-makend is - jy is so goed soos jou laaste hou. (hmm - miskien nie so ‘n goeie vergelyking nie…) Nes jy dink jy het nou gearriveer as suksesvolle ouer, doen jou kinders iets horribaal wat jou verneder tot in die 4de geslag.
Maar as ek belowe om nie die eer te vat nie, wil ek tog brâg oor iets wat werk in die Strydom-huis. Ek het 3 kabouters wat soggens hardloop om tande te kan borsel en hulle bitter sleg multi-vitamien te drink! Jy het nog nie so iets gesien nie - vra my man Sakkie!
Ek weet self nie hoe het dit gebeur nie. Al waaraan ek dit kan toeskryf is dalk my gil van plesier voor ek die aankondiging van die oggend roetine maak en die feit dat die verloop van gebeure (redelik) presies dieselfde is: Trek aan, borsel tande en drink medisyne. Trek aan, borsel tande, drink medisyne.
Het ek genoem van die koekie as beloning na die sluk medisyne?
Posts