KURT SPAN DIE SEILE OP SY LAUNCH
Ek gaan deesdae nie meer so baie na CD-bekendstellings toe nie. In die verlede - veral toe ek ’n hele paar sangers soos Nianell, Helena Hettema, Andre Swiegers en dies meer help bemark het - het ek baie van die funksies bygewoon. En nou ja, te veel van ‘n goeie ding kan jou soms begin maagpyn gee!
Maar met Kurt se launch van sy nuwe album Woensdagaand het ek besluit om ‘n uitsondering te maak.
Die musiekbedryf is baie opwindend en dis altyd interessant om te sien wie altyd by die plekke uithang. Die bekendstelling van Kurt Darren se nuwe album is in die Steak restaurant van George Georgas in Silverstar Casino gehou. (George het my amptelik genooi na die bekendstelling)
Wel, in die eerste plek het ek nie verwag dat daar so baie mense gaan wees nie en in die tweede plek was die plek binne so warm (en die meeste van ons het wintersklere aangehad) dat ons soms kort-kort buitentoe gegaan het om vas lug te skep. En nou ja, die drank het gevloei, maar ongelukkig was die eetgoed maar skraal.
Talle wies-wies in die musiek- en akteurs-bedryf het die bekendstelling bygewoon, waaronder Christina Storm en haar sanger-kêrel, Munro, Corene du Toit (van Egoli-faam) en haar aanhangsel, die vriendelike Liezel van der Westhuizen en haar nuwe aantreklike kêrel en Jason, een van die twee wenners van vanjaar se Idols, sonder ’n aanhangsel.
Kurt was natuurlik ook daar en sy verloofde, Donay, het verruklik in ’n bloedrooi balrok gelyk. Hulle is duidelik mal oor mekaar en sy gee Kurt kort-kort ’n drukkie. Dit moet ook maar moeilik wees as jou vereloofde die spil van die aand is en almal hom wil afneem of met hom wil gesels, maar dit lyk of Donay al die bewondering baie goed hanteer.
Een ding waaroor ek my verbaas het is dat die jong meisies so op sulke dunnnnnhoe”hakkies kan rond trippel. En grasieus! Sommige weet ook nie dis winter nie, want hulle paradeer in rokke met kaal skouers!
Kurt het ’n paar liedjies van sy nuwe album gesing en die partytjie het behoorlik gekook. MK, die musiekprogram van kykNET en Glitterati was ook daar in al hul glorie om met Kurt en al die ander “sterre” te praat. (Glitterati word Saterdagaande om 21:00 op kykNET uitgesaai).
Kurt bly darem altyd ’n staatmaker en eks so bly dit gaan so goed met sy loopbaan - hy verdien dit! Hy werk hard en is baie professioneel en altyd vriendelik. (En dis nou nie heuning om die mond smeer nie, ek het twee jaar saam met hom gewerk toe ek by Select skakelbeampte was!)
Geluk met jou nuwe album, Kurt en ek hoop jy gaan daardie seile nog ho”er span!
^*Ek woon wel nog gereeld TV-voorskoue by en was die week voor verlede week by die bekendstelling van M-Net se nuwe minireeks No 1 Ladies Detective Acency wat by Mama Tembo’s in Linden gehou is.
M-Net hou altyd die oorpronklikste en lekkerste voorskoue (take note SABC! en e.tv!). Die bemarkingspan onder leiding van staatmaker Lani Lombard het ons groep joernaliste in spanne gedeel wat van die trefferreekse op M-Net soos The Tudors, Army Wives, Lost and My Name is Earl moes verteenwoordig. Die uwe was in die My Name is Earl-span en ons moes toe almal speurder speel en leidrade bymekaar maak.
Wel, die groot prys op die spel was ’n reis na Botswana, ongelukkig het ons vier Earls (Charise, Annette, Theresa en ekke) dit toe nie gewen nie. (boohoo ek was nog nooit in Botswana nie!)
Dit was ‘n gesellige voorskou en ons het heerlik gesmul aan die Afrika-kosse. Bekende M-Net persoonlikhede soos aanbieder Liezel van der Westhuizen en die sjarmante Karl Thaning, wat Nathan speel in Binnelanders speel, was ook daar….en natuurlik die Tooth Fairy (wat ons gereeld in die M-Net advertensie sien)….
Terug by die nuwe TV-reeks - No. 1 Ladies Detective Agency wat gegrond is op Alexander McCall Smith se gewilde speurboeke, is verfrissend en vars (veral in vergelyking met sommig Amerikaanse reekse). En vir ’n verandering is dit ’n eg-Afrika storie uit die hartjie van Afrika!
Precious Ramotswe, wat deur haar eksman mishandel is, bbegin met haar eie speuragentskap in Botswana. En die agentskap lewer ’n paar interessante sake op wat sy op ’n baie onkonvensionele manier takel. Jill Scott, ’n Amerikaanse aktrise wat reeds drie Grammys op haar kerfstok het, speel die rol van Precious so oortuigend. (Ek het binnekort ’n internet-onderhoud met haar in Rapport Tydskrif. Lees dan meer oor die interessante vrou.).
Nog ’n ster in die nuwe opwindende reeks is Desmond Dube, wat die rol van ’n flambojante haarkapper met soveel panache speel!
Kyk gerus na die reeks wat Maandagaand (3 Augustus) om 21:30 op M-Net begin, dis ’n reeks met lekker komedie en lewenswaarhede. En boweal, dit is so eerlik en real! Ek is persoonlik mal daaroor!
Wel, die groot prys op die spel was ’n reis na Botswana, ongelukkig het ons vier Earls (Charise, Annette, Theresa en ekke) dit toe nie gewen nie. (boohoo ek was nog nooit in Botswana nie!)
Julle ons is nou soveel bloggers ek moet myself identifiseer as “Hi! Ryno hier!”
So min tyd en so baie om te deel! 
Posts