kykNET is nou ‘n tiener!

    kykNET het verlede Saterdag ‘n volle tien jaar oud geword….en wat ‘n lekker partytjie het ons gehad om dit te vier!

    kykNET het omtrent 200 uitgesoekte gaste genooi om die mylpaal by die
    Turffonteintein-renbaan te hou.
    Die uitnodiging het gelui: uitspattig met ‘n tikkie blou….en party gaste het lekker oorboord gehad. Friedrich Stark en sy vrou Elsje (vervaardigers van Binnelanders) het byvoorbeeld met blou pruike daar opgedaag. ‘n Hele paar akteurs uit die gewilde sepie het ook meegedoen aan die feesvieringe.

    Rolanda Marais (Stefanie in Binnelanders) het heel oulik gelyk met haar hoedjie en prettige uitrusting terwyl Nadiqa Velvekens (Pippa) elegant in ‘n lang rok gelyk het. Franci Swanepoel (Toeks) het ‘n elegante halter-nek rok aangehad (haar man, Max, het ons goeie wenke vir die perde gegee). Lindie Stander (Elise) was haar pittige self in ‘n amperse stranduitrusting.

    Elma Postma, aanbieder van Boer soek ‘n vrou het die oog gevang in haar pers-blou uitrusting, ontwerp deur Simon Rademan, wat heeltyd aan haar sy was en tot ‘n stukkie materiaal van die rok vir almal gewys het.

    Hannon Bothma en sy metgesel, Julius, was so bietjie eenkant. Ek het Hannon gekomplimenteer met sy baadjie en gese^ dit lyk asof dit uit die Ooste kom, menende dat dit baie eksoties is. Hy het geantwoord dat dit ‘n Versace-baadjie is (seker toe uit Italie”!)
    Dit was ‘n lekker byeenkoms van ou bekendes….was lekker om byvoorbeeld vir Herman Binge en
    Carl Olin (vervaardigers van Idols en natuurlik Boer soek ‘n vrou) ook raak te loop.

    Dit was soos ‘n lekker “boere” saamtrek - Coenie de Villiers was seremoniemeester (sy professionele self).

    Baie van die gaste het op die perde gewed….en hier en daar het iemand lekker munt geslaan uit die resies.

    Ek het ook vir Francois Toerien (My Vasteland) vir die eerste keer ontmoet (en sy mooi vroutjie).

    kykNET is beslis nie meer ‘n baba nie, maar nou ‘n volwaardige tiener…..en hopelik sal die kanaal in die toekoms nog van krag tot krag gaan en ons plaaslike bedryf ‘n groot inspuiting met  bog baie kwaliteit-programme en reekse gee!

    Share/Save/Bookmark

    Lewer Kommentaar