Kersfees kom!
“Ek het nog nie die Krismis- feeling nie,” se^ ‘n kollega verlede week terwyl ons tussen blinkers en streamers in die kafeteria eet.
“Hoe voel die Krismis-feeling?” vra ek en hou my aspris so bietjie dom.
“Die party feeling - dat jy net wil party!” antwoord sy en kyk my snaaks aan. So asof ek nou-net ‘n wors is wat op ‘n Krismiskoek geland het.
Ek bly tjoepstil. Dink so by myself - party? Is dit waaroorKersfees gaan? En wonder toe meer en meer oor daardie Krismis-feeling….
Kersfees beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir baie beteken dit kuier, sosiaal saam met vriende en familie verkeer, baie eet, baie drink, koop, koop en koop…..En vir baie kinders is Kersfees Kersvader wat groot en duur persente uitdeel….
Die winkels en advertensies wink en basuin dit uit: Kom koop kom koop - spesiale aanbiedinge net vir Kersfees! Kom koop, want Kersfees kom! (Ek wil naderhand stik as ek Kersvaders in warm klere in die somer sien staan).
Die wat het, kry meer en die wat nie het nie, voel in hierdie tyd armer…..bedelaars, boemelaars, behoeftiges smag net na ‘n heerlike Kersete, nuwe skoene dalk, nuwe klere….’n warm bed, of névermind ‘n warm bed, net ‘n bed!!
En die wat nie familie het nie, smag na die ware vreugde van familiebande…samesyn van familie…..
Baie Suid-Afrikaners sit almal in dieselfde bootjie - hul familie bly ver. Dalk in Kanada, Londen, Australie”, Nieu-Seeland. Ek het die afgelope twee jaar oor Kerstyd en Nuwejaar vir my broer en suster in Londen gaan kuier. En dan is die vliegtuig stampvol van Suid-Afrikaners wat ‘n kind, ‘n broer, ‘n ma, ‘n pa, ‘n suster of wieookal in Londen het. Ou tannies is opgewonde om hul kinders en kleinkinders weer te sien. Die weersiens op Heathrow van families gee jou hoendervleis.
Vanjaar is ek platsak en kan ek nie bekostig om Londen toe te gaan nie - dit beteken tuisbly vir Kersfees - sonder familie (behalwe ‘n paar tannies en neefs en niggies is my naaste familie maar in Londen).
Ek het uit die staanspoor besluit, ek gaan nie depressief word omdat ek nie hierdie Kerstyd saam met my familie is nie. Ek gaan sterk wees, op my tande byt en myself nie bejammer nie. Dinge doen wat ek nie gewoonlik tyd het om te doen nie - fliek, lees, by pelle kuier. Maar die depressie het reeds soos ‘n swart hond voor my deur kom sit….of soos ‘n trapsuutjies teen my nek kom opklim. Ek jaag hom kort-kort weg….maar elke keer as ek hoor hoe almal praat van Kerstyd se spyskaart of Jingle Bells of Stille Nag in die winkels speel, dan kry ek daardie knop in die keel…
Kersfees vir ons as kinders was nooit Kersbome en/of Kersvader nie. My ouers het my geleer dat dit ‘n tyd is van gee en dankbaarheid - dankbaarheid en vreugde dat Christus vir ons almal gebore is. Vir die rykes, die armes, die bedelaars….
Oukersaand is daar uit die Bybel van Christus se geboorte gelees…en ons het Kersliedere gesing….geskenke was wel aan die orde van die dag.
Lindie van Eeden (Karin van Egoli en nou skakelbeampte van Solidariteit se Helpende Hand) slaan die spyker op die kop in Rooi Rose oor hoe sy en haar gesin Kerstyd hou - hulle probeer m iets vir behoeftiges en mense wat swaarkry te beteken. Sy en haar kinders ry in hierdie tyd met persentjies in die motor - as hulle iemand sien wat behoeftig is, dan gee hulle die geskenk.
En daarom het ek besluit dat ek hierdie Kersfees ‘n tyd van GEE gaan maak - ek gaan bejaarde vriende nooi vir ete, by siekes kuier.
En dalk in die strate gaan kyk of ek vir Arnold, die boemelaar sien…..miskien ‘n ou kombers vir hom gee. Ek gaan ook ‘n punt daarvan maak om almal wat ek ken wat geliefdes en familie die afglope jaarvereloor het, te troos met die woorde: Kersfees Kom en Jesus Christus is vir ons almal gebore!
Mag julle almal ‘n vredevolle en gesee”nde Kersfees he^ en die liefde, vrede en vreugde van Christus in hierdie spesiale tyd beleef!

Posts