‘n Splinternuwe jaar!

    Dis ‘n spik-splinternuwe jaar! Kraakvars uit die oond….maar wag, eintlik ook nie meer so nuut nie, want die eerste maand le^ al ampertjies pootuit op sy rug.

    Om van al daardie nuwejaars-voornemens nie te praat nie; minder eet, meer oefen, meer lag, meer slaap, meer lees, meer glo, minder stres, meer kuier, meer reis, meer klassieke musiek luister, meer vrygewig wees, meer goedhartig wees….meer Martjie-tyd, meer stap, meer swem, meer skaak speel, meer skilder….dit hel als al amper by die venster uitgevlieg?

     

    Uit ondervinding hetek  al geleer om jou nuwe voornemens-lysie nie so lank te maak nie. Die vreugde van ‘n Nuwejaar vir my is dat jy weer ÓOR  kan begin. Oor begin wat vriendskappe betref, oor begin wat familie-verhoudings betref en selfs oor begin wat slegte gewoontes betref.

     

    Al word ons weer so blitsvinnig in die ratwerk van die lewe vasgevang en doen so baie om net te OORLEEF (veral wat geld betref) is dit tog ‘n lekker uitdaging om ‘n nuwe siesoen of siklus in jou lewe tegemoet te gaan.

    So begin ek ook die Nuwejaar met ‘n splinternuwe siklus. Op 1 Februarie val ek in by die Franz Marx Films-span in waar ek op ‘n raadgewende basis gaan werk. Nuwe kollegas, nuwe kantore, nuwe uitdagings, nuwe projekte, nuwe lewenslesse…hoe opwindend!

    Ek gaan ook nie my deure by Rapport heeltemal toemaak of bru^e verbrand nie en nog steeds vryskutwerk vir die hoofkoerant en InTyd (Rapport tydskrif) doen. Boonop gaan ek ook vir Storm Rekordz met hul bemarking help…..nuwe sowel as gesoute kunstenaars wat Mel Botes, Lara Frances, die Ses Snare, Varez, Tobie Jooste  ens insluit.

    Ek is seker ek gaan dan nog meer opwindende brokkies nuus he wat ek met al die Finesse-lesers in die toekoms kan deel….

    2009 was vir baie mense ‘n ’slegte’ jaar en ek is hoopvol en vol vertroue dat 2010 ‘n voorspoedige jaar gaan wees. Ek hoop van harte dat al die Finesse-lesers ook ‘n sonnige en gees-vervulde jaar gaan he^. Mag dit ‘n jaar van baie lag, min trane, min bekommernisse, baie vreugde en baie hoogtepunte vir al die Finesse-lesers wees.

    Kom ons gryp 2010 met albei hande aan - en maak ‘n verskil net waar ons gaan!

    Share/Save/Bookmark

    Lewer Kommentaar