Mathys sing nou mooier as ooit!

    Ek was verlede week by Mathys Roets se bekendstelling van sy jongste CD, Droomvrouens, by die Centurion-teater in Lyttelton Manor. Moet erken, daar’s min kunstenaars vir wie ek in die week Pretoria toe sal ry, maar Mathys is ‘n uitsondering.

    Dis is sy eerste vollengte konsert - ek het hom onlangs saam met die Ses Snare  gesien - wat ek bygewoon het sedert sy motorfietsongeluk waarin hy verlam is.  Mathys Maree het hom op die klavier ondersteun en saam is die twee Mathyse ‘n gedugte kombinasie!

    Mathys se vertolkings was nog altyd uit die boeke, maar dis amper asof hy nou met ‘n nuwe gewaarwording en nuwe deernis vir die lewe sing.  (Moontlik het hy dalk nou ook ‘n nuwe deernis vir vroue, ek hoop!)

    Daar’s min manlike sangers in ons land wat so absoluut suiwer (en diep) kan sing soos Mathys.  Van Leonard Cohen se Lisa,  So Long Mary-Anne en Joan of Arc tot ‘n paar van Piet Van Wyk se pennevrugte (Madelein) het hy passievol gesing. Twee sangeresse (die een is glo van die groep Shine 4 en die ander van Cutt Glas) het hom om die beurt en tegelyketyd met hul klokhelder agtergrondstemme ondersteun.

    Ek wou kort-kort ‘n paar trane wegvee, so het Mathys se basstem en vertolkings my weggevoer!

    Ek was Maandgaand by nog ‘n CD-bekendstelling - by Tobi Jooste s’n. Sy nuwe album, Amore,  is by die Silver Star Casino bekendgestel en het ‘n vreeslike groot opkoms gehad. Hou Tobi gerus maar dop (hy is een van die nuwe kunstenaars in die stal van die nuwe platemaatskappy Storm Rekordz) want hy is ‘n regte go-getter. Anders as baie ander kunstenaars, spring hyself uit om ‘n ding te doen - of dit nou nuwe borge is, of eposse uitstuur.

    Daarbenewens het die jong 27-jarige bariton beslis sangtalent - en ek dink hy het nou sy nis met die ligte, klassieke genre gevind.  Hy pas ook nommerpas in die kategorie van minnesanger - hy’s uiters sjarmant, beleefd en beslis iets vir die oog (after all het hy al baie modelweerk gedoen en het ‘n reuse-modelkontrak om oorsee modelwerk te doen van die hand gewys omdat hy op sy sangloopbaan wil fokus.)

     

    Ek hou veral van Amore, Andante Andante (ABBA) en Begin te leef (’n vertaalde weergawe van die trefferliedjie uit As It Is In Heaven).

     

    Nou ja, al die vroue wat van romantiese en meer strelende musiek hou, hier is beslis twee albums wat julle baie luistergenot gaan verskaf!

    Share/Save/Bookmark

    Nuwe uitdagings

    Almal hou van nuwe uitdagings en moet se^ hierdie jaar voel vir my kompleet asof ek nou ‘n groentjie op universiteit is!

    Jammer oor die stilte - maar die afgelope maand het ek gevoel soos ‘n warrelwind wat van oos na wes en dan van noord tot suid voortwoed!

    Die rede? ‘n Totale loopbaanverandering! Ek het op 1 Februarie by Franz Marx Films ingeval in die pos van publisiteits-konsultant - of soos my kollegas dit hier noem “sterre bou”.  En ja, ek is dol oor die nuwe uitdaging!

    Maar wat doen jy daar - ons dog Egoli maak nou klaar ?(Dinsdag 2 Maart is voorwaar die heel laaste episode van die langslewende sepie in Suid-Afrika) vra baie vriende en vreemdelinge my.

    Wel, ek kan nou nie heeltemal die kat uit die sak uit haal nie maar kom ek gee vir julle sommer ‘n aptytwekkertjie: ek help met die bemarking (of ’sterre-bou’) van Franz se splinternuwe rolprent - die Egoli-rolprent - wat op 16 Junie ons rolprentteaters soos ‘n bliksemstraal gaan tref. Ja, so te midde van die 2010 W^reldbeker-sokkertoernooi.

    En vir al die Egoli-aanhangers of nie-aanhangers: die rolprentgaan ‘n GROOT verrassing wees. Ek het ‘n voorskou van die rolprent verlede week gesien en as kykers dink hulle kan net nog ‘n episode van Egoli verwag, misgis hulle hul lelik.

    Dis nie ‘n rolprent vir sissies nie - selfs die geharde bierdrinkende mans met harde baarde gaan nog lank nadat hulle uit die rolprentteater geloop het aan die tameletjie kou.  En glo my, hul vrouens gaan ook na hul asems snak. Dis ‘n rolprent wat die psige van die mens ondersoek - en ook vir baie van die ouer garde dalk gaan laat selfondersoek doen. Hoekom? Wel ek laat julle maar vir eers met daardie raaisel…gaan kyk self en dan sal julle sien!

    Wie speel almal in die nuwe Egoli-fliek? Dis ook op hierdie stadium ‘n groot geheim - Huisgenoot en You gaan wel binnekort in Maart die hele rolverdeling bekend maak…..daar’s ‘n paar bekende Egoli-karakters, maar ook ‘n nuweling of twee.

    Nou ja, en benewens Franz Marx sit ek ook hand by met Storm Rekordz (eksbaas van
    Absa Steve Booysen is die finansier van die platemaatskappy) se bemarking. Storm Rekordz het reedws ‘n paar opwindende kunstenaars soos Mel Botes, Varez, Lara Frances, Tobi Jooste, Don Delinger, die Ses Snare en een van die dae ook die gewilde Nederlandse sanger Stef Bos en een van my gunsteling akteurs en sangers, richard van der Westhuizen onder hul vaandel….ek gaan julle in die loop van die jaar sommer goed op hoogte hou van Storm Rekordz se kunstenaars se doen en late.

    Dan het Andre Schwartz (die sanger) my ook ingespan om hom te help met sy bemarkingsprojekte - ek het reeds hand bygesit met die Clover Cream Diamond Dive wat op Valentynsdag by Marks Park in Emmarentia plaasgevind het.  Dit was ‘n prettige dag waar ‘n hele rits bekende persoonlikhede soos Nadia Beukes (kykNET aanbieder, aktrise en sangeres)  Leigh Jansen van Vuuren (Illonka van Egoli), Chantelle Gertse (Veronica van Binnelanders), Ulla Pakendorf, Carla van Niekerk (laasgenoemde twee albei van Ontbytsake), Rozanne McKenzie (veldaanbieder Kwela), Gigi (Survivor), Natasja Jacobs (Bonnie van Song vir Katryn) en Alexa Strachan (aanbieder Kamp dit uit op Kyknet en aktrise en sangeres) almal in ‘n poel met skuimroom geduik het om ‘n kontantbewys van R10 000 (wat die wenner aan haar gunsteling welsynsorganisasie moes skenk) te vind.

    Nadia Beukes was die gelukkige wenner en het vandag die R10 000 aan haar gunsteling welsynsorganisasie Dayenu, ‘n organisasie wat na ongetroude ma’s en hul kinders omsien, oorhandig.

     

    Nou ja, dis nou in ‘n neutedop die dinge waarmee ek myself deesdae verwyl……volgende week vertel ek nog meer van die “sterre bou”-aksies , Storm Rekordz se groot planne en Andre Schwartz se uitdagende projekte!

     

    Tot wederom!

    Share/Save/Bookmark

    ‘n Splinternuwe jaar!

    Dis ‘n spik-splinternuwe jaar! Kraakvars uit die oond….maar wag, eintlik ook nie meer so nuut nie, want die eerste maand le^ al ampertjies pootuit op sy rug.

    Om van al daardie nuwejaars-voornemens nie te praat nie; minder eet, meer oefen, meer lag, meer slaap, meer lees, meer glo, minder stres, meer kuier, meer reis, meer klassieke musiek luister, meer vrygewig wees, meer goedhartig wees….meer Martjie-tyd, meer stap, meer swem, meer skaak speel, meer skilder….dit hel als al amper by die venster uitgevlieg?

     

    Uit ondervinding hetek  al geleer om jou nuwe voornemens-lysie nie so lank te maak nie. Die vreugde van ‘n Nuwejaar vir my is dat jy weer ÓOR  kan begin. Oor begin wat vriendskappe betref, oor begin wat familie-verhoudings betref en selfs oor begin wat slegte gewoontes betref.

     

    Al word ons weer so blitsvinnig in die ratwerk van die lewe vasgevang en doen so baie om net te OORLEEF (veral wat geld betref) is dit tog ‘n lekker uitdaging om ‘n nuwe siesoen of siklus in jou lewe tegemoet te gaan.

    So begin ek ook die Nuwejaar met ‘n splinternuwe siklus. Op 1 Februarie val ek in by die Franz Marx Films-span in waar ek op ‘n raadgewende basis gaan werk. Nuwe kollegas, nuwe kantore, nuwe uitdagings, nuwe projekte, nuwe lewenslesse…hoe opwindend!

    Ek gaan ook nie my deure by Rapport heeltemal toemaak of bru^e verbrand nie en nog steeds vryskutwerk vir die hoofkoerant en InTyd (Rapport tydskrif) doen. Boonop gaan ek ook vir Storm Rekordz met hul bemarking help…..nuwe sowel as gesoute kunstenaars wat Mel Botes, Lara Frances, die Ses Snare, Varez, Tobie Jooste  ens insluit.

    Ek is seker ek gaan dan nog meer opwindende brokkies nuus he wat ek met al die Finesse-lesers in die toekoms kan deel….

    2009 was vir baie mense ‘n ’slegte’ jaar en ek is hoopvol en vol vertroue dat 2010 ‘n voorspoedige jaar gaan wees. Ek hoop van harte dat al die Finesse-lesers ook ‘n sonnige en gees-vervulde jaar gaan he^. Mag dit ‘n jaar van baie lag, min trane, min bekommernisse, baie vreugde en baie hoogtepunte vir al die Finesse-lesers wees.

    Kom ons gryp 2010 met albei hande aan - en maak ‘n verskil net waar ons gaan!

    Share/Save/Bookmark

    Kersfees kom!

    “Ek het nog nie die Krismis- feeling nie,” se^ ‘n kollega verlede week terwyl ons tussen blinkers en streamers in die kafeteria eet.

    “Hoe voel die Krismis-feeling?” vra ek en hou my aspris so bietjie dom.

    “Die party feeling - dat jy net wil party!” antwoord sy en kyk my snaaks aan. So asof ek nou-net ‘n wors is wat op ‘n Krismiskoek geland het.

    Ek bly tjoepstil. Dink so by myself - party? Is dit waaroorKersfees gaan? En wonder toe meer en meer oor daardie Krismis-feeling….

    Kersfees beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir baie beteken dit kuier, sosiaal saam met vriende en familie verkeer, baie eet, baie drink, koop, koop en koop…..En vir baie kinders is Kersfees Kersvader wat groot en duur persente uitdeel….

    Die winkels en advertensies wink en basuin dit uit: Kom koop kom koop - spesiale aanbiedinge net vir Kersfees! Kom koop, want Kersfees kom! (Ek wil naderhand stik as ek Kersvaders in warm klere in die somer sien staan).

    Die wat het, kry meer en die wat nie het nie, voel in hierdie tyd armer…..bedelaars, boemelaars, behoeftiges smag net na ‘n heerlike Kersete, nuwe skoene dalk, nuwe klere….’n warm bed, of névermind ‘n warm bed, net ‘n bed!!

    En die wat nie familie het nie, smag na die ware vreugde van familiebande…samesyn van familie…..

    Baie Suid-Afrikaners sit almal in dieselfde bootjie - hul familie bly ver. Dalk in Kanada, Londen, Australie”, Nieu-Seeland. Ek het die afgelope twee jaar oor Kerstyd en Nuwejaar vir my broer en suster in Londen gaan kuier. En dan is die vliegtuig stampvol van Suid-Afrikaners wat ‘n kind, ‘n broer, ‘n ma, ‘n pa, ‘n suster of wieookal in Londen het. Ou tannies is opgewonde om hul kinders en kleinkinders weer te sien. Die weersiens op Heathrow van families gee jou hoendervleis.

     

    Vanjaar is ek platsak en kan ek nie bekostig om Londen toe te gaan nie - dit beteken tuisbly vir Kersfees - sonder familie (behalwe ‘n paar tannies en neefs en niggies is my naaste familie maar in Londen).  

    Ek het uit die staanspoor besluit, ek gaan nie depressief word omdat ek nie hierdie Kerstyd saam met my familie is nie. Ek gaan sterk wees, op my tande byt en myself nie bejammer nie.  Dinge doen wat ek nie gewoonlik tyd het om te doen nie - fliek, lees, by pelle kuier. Maar die depressie het reeds soos ‘n swart hond voor my deur kom sit….of soos ‘n trapsuutjies teen my nek kom opklim. Ek jaag hom kort-kort weg….maar elke keer as ek hoor hoe almal praat van Kerstyd se spyskaart of Jingle Bells of Stille Nag in die winkels speel, dan kry ek daardie knop in die keel…

     

    Kersfees vir ons as kinders was nooit Kersbome en/of Kersvader nie. My ouers het my geleer dat dit ‘n tyd is van gee en dankbaarheid - dankbaarheid en vreugde dat Christus vir ons almal gebore is. Vir die rykes, die armes, die bedelaars….

     

    Oukersaand is daar uit die Bybel van Christus se geboorte gelees…en ons het Kersliedere gesing….geskenke was wel aan die orde van die dag.

    Lindie van Eeden (Karin van Egoli en nou skakelbeampte van Solidariteit se Helpende Hand) slaan die spyker op die kop in Rooi Rose oor hoe sy en haar gesin Kerstyd hou - hulle probeer m iets vir behoeftiges en mense wat swaarkry te beteken. Sy en haar kinders ry in hierdie tyd met persentjies in die motor - as hulle iemand sien wat behoeftig is, dan gee hulle die geskenk.

     

    En daarom het ek besluit dat ek hierdie Kersfees ‘n tyd van GEE gaan maak - ek gaan bejaarde vriende nooi vir ete, by siekes kuier.

    En dalk in die strate gaan kyk of ek vir Arnold, die boemelaar sien…..miskien ‘n ou kombers vir hom gee. Ek gaan ook ‘n punt daarvan maak om almal wat ek ken wat geliefdes en familie die afglope jaarvereloor het, te troos met die woorde: Kersfees Kom en Jesus Christus is vir ons almal gebore!

     

    Mag  julle almal ‘n vredevolle en gesee”nde Kersfees he^ en die liefde, vrede en vreugde van Christus in hierdie spesiale tyd beleef!

    Share/Save/Bookmark

    Haweloos en werkloos

    Daar het die afgelope twee weke sulke wonderlike wonderwerke met my gebeur, dat ek nie weet waar ek moet begin  vertel nie.

    Voorverlede Sondag het ons Nagmaal (ek kerk in Linden). Dis ‘n inspirerende diens en na die tyd het ons gemeente almal saam in die saal gee”et. Ek begelei toe vir oom Piet Malan (90 jaar) en tannie Hansie Malan (89 jaar) na die saal, maar oudergewoonte knoop die twee geselsies al langs die pad aan….hulle is baie lief vir klets, en elkeen in die gemeente wil Sondagoggende met oom Piet (die oudste oorlewende Springbok in die land oor die vorige dat se vername rugbywedstryd praat)

    Toe ons uiteindelik by die saal kom, toe is daar wel drie sitplekke oop aan een tafel. Ek help die twee flinke oues van dae (hulle was so tussen hakies my koshuisouers op Potch) na die twee oop stoele op die punt van die tafel. Aan die oorkant is nog ‘n oop stoel (die enigste oor in die saal) waar ek toe gaan plaas neem - langs ‘n boemelaar.

    Nou ja, en daar stel ek my toe eers voor aan die verslonsde vuil man. “Arnold” se hy vriendelik. (Ek steek nie my hand uit nie, groet net met die kop).  Vriendelike gesig, glad nie onaantreklik nie, kan doen met ‘n deeglike bad….dink ek…

    Nou ja as jy saam met vreemdes aan ‘n tafel sit, dan begin jy mos eers by die naam, dan die van, dan die omgewing waar die persoon woon, dan die tipe werk wat die persoon doen. So kry jy mos die aanknooppunte. Toe sit ek mos met ‘n dilemma = ek kan nie vir die man vra waar hy woon nie. Nou-nou se^hy onder ‘n brug of ‘n boom. Ek kan nie vir hom vra wat hy doen nie, dan gaan hy mos se^: “Niks”. Dus vermy ek hierdie vrae. Ek vra wel waarvandaan hy kom.

    “Van hier Linden,”" se^Arnold oopbek, tande daar, maar nie te skoon nie (ironies sit daar toe ‘n tandarts Herbert met pe^relwit Colgate-wit tande oorkant my). “Waar was jy op skool?” wou ek, tipies-joernalis nuuskierig weet. (Die man moes darem seker skooltoe gegaan het, dog ek bymyself. Ek kan nie hier ‘n flater maak nie…)

    “Louw Geldenhuys laer skool….1963 in graad een.” kom sy antwoord.

    Ek stik toe amper in my vrugtesap. “Ek was in 1963 in graad twee, ook Louw Geldenhuys”. Ons was dus saam op skool. Saam pouses op die rugbyveld in ons maroen-skooluitrustings gespeel.

    Volgende vraag: waar is jou familie? (Dalk moes ek eerder gevra het : het jy familie?)

    “O, dis ‘n sad storie…..my ma, my pa en my broer is dood. ‘n Ander storie….”

    Arnold  eet gulsig….tuna-lasagne…brood….slaai

    “Ai, maar die mense is honger!” se^hy en verwys eintlik net na homself. “Ek’s so bly die ree”n het nou opgehou….al my klere is nat!” (dit het omtrent vir drie dae aanmekaar geree”n). Hy klets te heerlik.

    Kobus Petzer, éen van ons baie aktiewe gemeentelede kom sit langs my….hy neem foto’s op sy sel van Arnold.

    “Hoekom neem jy foto’s?” wou ek weet.

    “Lang storie. Arnold het kort-kort aan my deur kom klop, gewoonlik onder die invloed. Tot eendag, toe kan ek dit nie meer verduur nie…..Die Here het nou al so baiekeer aan jou hart geklop! het ek vir hom hard gese^. Maar jy luister nie….”

    En toe het Arnold stil geword, vertel Kobus verder……..en toe raak Arnold bekeer. Hy wou sy lewe verander.

     

    Toe sit Kobus met sy hande in sy hare….waarheen nou met die man? Hy het ons leraars gebel….en nou lyk dit darem of MES vir hom ‘n dak oor die kop gaan gee…..en moontlik kry hy dalk ‘n werkie…

    Nou ja, toe ek huistoe ry, toe kan ek die storie en Arnold se gesig nie uit my gedagtes wis nie…..ons het min rede om te kla, dog ek…”Therefore I go but for the grace of God!”

     

    Ek wil so graag meer vir sulke mense doen, dink ek. Of net help. (Ek het my hulp ook daar en dan aan tafel vir Kobus aangebied).

    En toe kry ek die volgende Woensdag ‘n  oproep van ‘n ou vriend….uit die bloute…nog ‘n wonderwerk….maar ek vertel volgende keer verder.!

    Share/Save/Bookmark

    kykNET is nou ‘n tiener!

    kykNET het verlede Saterdag ‘n volle tien jaar oud geword….en wat ‘n lekker partytjie het ons gehad om dit te vier!

    kykNET het omtrent 200 uitgesoekte gaste genooi om die mylpaal by die
    Turffonteintein-renbaan te hou.
    Die uitnodiging het gelui: uitspattig met ‘n tikkie blou….en party gaste het lekker oorboord gehad. Friedrich Stark en sy vrou Elsje (vervaardigers van Binnelanders) het byvoorbeeld met blou pruike daar opgedaag. ‘n Hele paar akteurs uit die gewilde sepie het ook meegedoen aan die feesvieringe.

    Rolanda Marais (Stefanie in Binnelanders) het heel oulik gelyk met haar hoedjie en prettige uitrusting terwyl Nadiqa Velvekens (Pippa) elegant in ‘n lang rok gelyk het. Franci Swanepoel (Toeks) het ‘n elegante halter-nek rok aangehad (haar man, Max, het ons goeie wenke vir die perde gegee). Lindie Stander (Elise) was haar pittige self in ‘n amperse stranduitrusting.

    Elma Postma, aanbieder van Boer soek ‘n vrou het die oog gevang in haar pers-blou uitrusting, ontwerp deur Simon Rademan, wat heeltyd aan haar sy was en tot ‘n stukkie materiaal van die rok vir almal gewys het.

    Hannon Bothma en sy metgesel, Julius, was so bietjie eenkant. Ek het Hannon gekomplimenteer met sy baadjie en gese^ dit lyk asof dit uit die Ooste kom, menende dat dit baie eksoties is. Hy het geantwoord dat dit ‘n Versace-baadjie is (seker toe uit Italie”!)
    Dit was ‘n lekker byeenkoms van ou bekendes….was lekker om byvoorbeeld vir Herman Binge en
    Carl Olin (vervaardigers van Idols en natuurlik Boer soek ‘n vrou) ook raak te loop.

    Dit was soos ‘n lekker “boere” saamtrek - Coenie de Villiers was seremoniemeester (sy professionele self).

    Baie van die gaste het op die perde gewed….en hier en daar het iemand lekker munt geslaan uit die resies.

    Ek het ook vir Francois Toerien (My Vasteland) vir die eerste keer ontmoet (en sy mooi vroutjie).

    kykNET is beslis nie meer ‘n baba nie, maar nou ‘n volwaardige tiener…..en hopelik sal die kanaal in die toekoms nog van krag tot krag gaan en ons plaaslike bedryf ‘n groot inspuiting met  bog baie kwaliteit-programme en reekse gee!

    Share/Save/Bookmark

    Afskeid

    Afskeid is nooit ‘n maklike ding nie, of ons nou vir mense wat die tydelike met die ewige wissel totsiens moet se, of dit dalk iemand (vriend of familielid) is wat verhuis.

    Ek sal nooit die dag vergeet toe my kleinsus besluit het om Afrika vir europa te verruil nie - dis nou seker al vyftien jaar gelede.
    Sy het besluit om in Kopenhagen te gaan woon en werk (nadat sy ‘n aanloklike aanbod van IBM gekry het). Sy het voor die tyd Deens begin leer , haar tasse gepak en kort nadat Mandela tot ons nuwe staatspresident verkies is, koebaai gese.

    My broer - en pa - was saam op die lughawe met die groot afskeid en ek het snot en trane gehuil toe ons groet. My broer het getroos met die woorde: “Toemaar, sy sal ok wees.”

    My straatwyse sussie woon nou die afgelope sewe jaar in Londen en die afgelope vyftien jaar - of ek nou daar gaan kuier het of sy in sonnige Suid-Afrika - was die afskeide op die betrokke lughawens altyd baie swaar. Intussen het my broer en sy gesin ook na Londen verhuis - dis nou vier jaar gelede - en moi is nou die enigste van ons drie wat nog hier woon. (Kan iemand my kwalik neem as ek lughawens haat, want ek assosieer dit altyd met trane en afskeid).

    Maandag moes ek ook van ‘n baie getroue en geliefde vriendin afskeid neem. Tannie Milla (ofte wel tannie Schoeman van 7de laan-faam soos baie kykers haar ken) het Maandag finaal verhuis Port Elizabeth toe. Twee van haar dogters, Milla en Susan, woon in die vriendelike stad en op 88 het tannie Milla nou finaal (!) besluit om af te tree.

    Ek kan nie in woorde vir enigiemand beskryf wat tannie Milla die afgelope 28 jaar vir my beteken het nie - sy het my surrogaat-ma geword na my ma se afsterwe en sy was ALTYD daar vir my (ons was eers 12 jaar bure in Brixton, dis hoe ons mekaar leer ken het).

    Sy was so ‘n wonderlikie rolmodel vir my gedurende al hierdie jare - sy gooi nooit tou op nie, het altyd ‘n oplossing vir ‘n probleem gevind, het ‘n onwrikbare geloof in haar God, ongelooflik onbaatsugtige liefde vir haar medemens…..

    Haar studente by die ADK het haar ook leer ken as iemand wat altyd ‘n skouer en ‘n oop hart en wyse raad het vir enige probleem. dit was ongelooflik om deur al die jare te sien hoe baie hulle almal vir haar omgee….en sy vir hulle.

     

    Ek sal nooit daardie prentjie van tannie Milla vergeet toe sy Maandag op die stoep gestaan het en vir my totsiens gewaai het nie….ek kon beswaarlik die trane onderdruk.

    Soos reeds gese^, afskeid is nooit maklik nie, maar ek hoop dat sy in hierdie jare wat nog vir haar voorle^net goeie gesondheid sal geniet….en dat sy baie lekker sal rus by die see en haar familie! Want sy verdien dit!

    Share/Save/Bookmark

    Jippie…die lente is in aankoms…..staan bietjie stil

    Die weke spoed verby….en dit is asof die jaareinde al hoe haastiger raak, amper soos ’n stoomtrein wat jaag om betyds by sy bestemming te wees. En let wel, ek sê stoom, want ons almal begin dan stoom afblaas!
    So met die einde van die jaar begin al die afskeids- en Kersfunksies en dit is amper of ons onsself verloor in hierdie dolle gejaag…
    Met die lente in die lug besef ’n mens weer eens die wonder van die natuur…en dit is amper of mens dan gelukkig bietjie tot stilstand gedwing word…..
    Maar praat van tot stilstand geruk word….
    Ek was gister by die roudiens van prof. Willem de Klerk, hy was ’n mentor vir so baie mense in die lewe. Ek het hom op sesjarige ouderdom leer ken, toe hy Gereformeerde predikant van die Totiusdal gemeente in Pretoria was. Hy en sy eerste vrou, Elzabe, en my ouers was goeie huisvriende en ons kinders het heerlik saam met die De Klerkies gespeel.
    In my matriekjaar (die De Klerks het toe intussen Potch toe verhuis) het ek en my ouers by oom Wimpie en tannie Elzabe gaan kuier. Ek moes op daardie stadium besluit wat ek sou gaan swot….my ma was vreeslik trots dat ek op daardie stadium oorweeg het om kleuterskoolonderwyseres te word….want sy was ’n Graad 2-juffrou en soos enige ma, wou sy graag dat een van haar kroos in haar voetspore volg.
    Ek sou Pote (Potchefstroom Onderwyskollege) toe en nadat ek die streng reëls onder oë gehad het (en tot my ma se ontsteltenis in die asblik gegooi het) het ek besluit….basta! nie nog ’n hoër skool nie.
    Met ons kuiertjie by die De Klerks het oom Wimpie my eenkant toe geroep en vir my vertel van die wonderlike nuwe kursus op die Puk (BA Kommunikasiekunde) en heel rebels besluit ek om toe joernalistiek te gaan swot. En ek sleep toe op die koop toe ’n paar skoolpelle saam om Komm-kunde saam met my te gaan swot.
    Gister het ek besef hoe bevoorreg ek tot dusver was om joernalistiek te kon swot en al die jare joernalis te wees….die ongelooflike wonderlike mense wat my pad gekruis het, die reise wat ek kon meemaak, die ondervindings wat ek met so baie spesiale mense kon deel…
    Maar gister se roudiens het so baie van ons tot stilstand geruk, want oom Wimpie se afskeidsbrief het baie stof tot nadenke nagelaat. As hy sy lewe weer kon oorhê, het hy geskryf, sou hy meer tyd in die natuur en gesellig saam met mense wou verkeer.
    Geniet die lente wat nou in aankoms is!

    Share/Save/Bookmark

    Viva alle vroue! Viva!

    Dis Maandag Vrouedag en vir baie vroue ’n dag van luilekker bederf, salig by die huis bly of watookal.
    Party vroue gaan spa’s toe, ander woon funksies by waar vroueregte ensomeer bespreek word, ander drink net heerlik wyn of sjampanje.
    Ander nou ja, werk….
    Ons vroue-joernaliste is nie so geseënd nie - want heelparty van ons is van die talle vroue wat werk op vakansiedae. En wrintiewaar ook op Vrouedag. Verpleegsters, nooddienste, verkeersbeamptes, polisievroue ens werk ook op vakansiedae. As jy ’n joernalis is - of seker in ’n beroep soos verpleegster is - word dit maar deel van jou lewe en jy aanvaar dit so. Vakansiedae is dus ’n luukse!
    Maar terug by vanjaar se Vrouedag - onthou om Sondag die Rapport te koop en die artikel (deur die uwe) oor Anna-Mart van der Merwe in die Rapport Tydskrif te lees. Anna-Mart is so ’n spesiale vrou met spesiale kwaliteite, en ons het besluit om haar te kies vir Vrouedag. (Binnelanders-kykers sien haar nou in die reeks as prof. Leonora Hanekom, ’n deskundige op haar gebied van endokrinologie.)
    Ek wonder net so op die vooraand van Vrouedag….hoeveel vroue weet regtig waarom ons hier in Suid-Afrika ons eie Vrouedag het? Wel in 1956 het 20 000 vroue in Suid-Afrika hul stemme dik gemaak. Swart Vroue. Hulle het opgeruk Uniegebou toe. Maar ek kon nie mooi uitvind waaroor hulle hul stemme dik gemaak het nie? (Dalk weet een van die lesers en kan insette gee.) Ek neem aan dit was om vir vroueregte te veg, maar watse vroueregte? Gelykheid? Stemreg?
    Tannie Milla Louw (Tannie Schoeman van 7de laan-faam) vertel my dat talle wit vroue in 1938 opgeruk het Voortrekkermonument toe….en ek kon tot op hede ook nie so mooi uitvind waaroor die betoging gegaan het nie? (So laat weet ons, asseblief Finesse-lesers!)
    Internasionale Vrouedag word amptelik op 8 Maart swarsoor die wêreld gevier. Internasionale Vrouedag het ook ’n lang - interessante - geskiedenis.
    Volgens die internet word Internasionale Vrouedag al sedert die begin van die 19de eeu gevier. Tydens die era was daar ’n groot omwenteling in die industriële wêreld en ’n groot bevolkingsaanwas en die begin van nuwe radikale ideologieë.
    Die erge onderdrukking van vroue het in 1908 daartoe aanleiding gegee dat vroue hul monde begin opmaak het en betoog het. In daardie jaar het 15 000 vroue deur die strate van New York City gemarsjeer en op korter ure, beter betaling en stemreg aangedring.
    In ooreenkoms met ’n verklaring deur die Sosialistiese Patrty van Amerika is die eerste amptelike Nasionale Vrouedag op 28 Februarie in Amerika gevier. Tot en met 1913 is Nasionale Vrouedag op die laaste Sondag in Februarie gevier. Later het dit toe 8 Maart geword.
    Ek sal Maandag maar so stil-stil Vrouedag op my selwers agter my rekenaar vier…..en natuurlik jaloers wees op al die ander gelukkige en bevoorregte vroue wat kan uitspan.
    Gelukkige Vrouedag alle Finesse-lesers!

    Share/Save/Bookmark

    KURT SPAN DIE SEILE OP SY LAUNCH

    Ek gaan deesdae nie meer so baie na CD-bekendstellings toe nie. In die verlede - veral toe ek ’n hele paar sangers soos Nianell, Helena Hettema, Andre Swiegers en dies meer help bemark het - het ek baie van die funksies bygewoon. En nou ja, te veel van ‘n goeie ding kan jou soms begin maagpyn gee!
    Maar met Kurt se launch van sy nuwe album Woensdagaand het ek besluit om ‘n uitsondering te maak.
    Die musiekbedryf is baie opwindend en dis altyd interessant om te sien wie altyd by die  plekke uithang. Die bekendstelling van Kurt Darren se nuwe album is in die Steak restaurant van George Georgas in Silverstar Casino gehou. (George het my amptelik genooi na die bekendstelling)
    Wel, in die eerste plek het ek nie verwag dat daar so baie mense gaan wees nie en in die tweede plek was die plek binne so warm (en die meeste van ons het wintersklere aangehad) dat ons soms kort-kort buitentoe gegaan het om vas lug te skep. En nou ja, die drank het gevloei, maar ongelukkig was die eetgoed maar skraal.
    Talle wies-wies in die musiek- en akteurs-bedryf   het die bekendstelling bygewoon, waaronder Christina Storm en haar sanger-kêrel, Munro, Corene du Toit (van Egoli-faam) en haar aanhangsel, die vriendelike Liezel van der Westhuizen en haar nuwe aantreklike kêrel en Jason, een van die twee wenners van vanjaar se Idols, sonder ’n aanhangsel.
    Kurt was natuurlik ook daar en sy verloofde, Donay, het verruklik in ’n bloedrooi balrok gelyk. Hulle is duidelik mal oor mekaar en sy gee Kurt kort-kort ’n drukkie. Dit moet ook maar moeilik wees as jou vereloofde die spil van die aand is en almal hom wil afneem of met hom wil gesels, maar dit lyk of Donay al die bewondering baie goed hanteer.
    Een ding waaroor ek my verbaas het is dat die jong meisies so op sulke dunnnnnhoe”hakkies kan rond trippel. En grasieus! Sommige weet ook nie dis winter nie, want hulle paradeer in rokke met kaal skouers!
    Kurt het ’n paar liedjies van sy nuwe album gesing en die partytjie het behoorlik gekook. MK, die musiekprogram van kykNET en Glitterati was ook daar in al hul glorie om met Kurt en al die ander “sterre” te praat. (Glitterati word Saterdagaande om 21:00 op kykNET uitgesaai).
    Kurt bly darem altyd ’n staatmaker en eks so bly dit gaan so goed met sy loopbaan - hy verdien dit! Hy werk hard en is baie professioneel en altyd vriendelik. (En dis nou nie heuning om die mond smeer nie, ek het twee jaar saam met hom gewerk toe ek by Select skakelbeampte was!)
    Geluk met jou nuwe album, Kurt en ek hoop jy gaan daardie seile nog ho”er span!
    ^*Ek woon wel nog gereeld TV-voorskoue by en was  die week voor verlede week by die bekendstelling van M-Net se nuwe minireeks No 1 Ladies Detective Acency wat by Mama Tembo’s in Linden gehou is.
    M-Net hou altyd die oorpronklikste en lekkerste voorskoue (take note SABC! en e.tv!). Die bemarkingspan onder leiding van staatmaker Lani Lombard het ons groep joernaliste in spanne gedeel wat van die trefferreekse op M-Net soos The Tudors, Army Wives, Lost and My Name is Earl moes verteenwoordig. Die uwe was in die My Name is Earl-span en ons moes toe almal speurder speel en leidrade bymekaar maak.
    Wel, die groot prys op die spel was ’n reis na Botswana, ongelukkig het ons vier Earls (Charise, Annette, Theresa en ekke) dit toe nie gewen nie.
    (boohoo ek was nog nooit in Botswana nie!)
    Dit was ‘n gesellige voorskou en ons het heerlik gesmul aan die Afrika-kosse. Bekende M-Net persoonlikhede soos aanbieder Liezel van der Westhuizen en  die sjarmante Karl Thaning, wat Nathan speel in Binnelanders speel, was ook daar….en natuurlik die Tooth Fairy (wat ons gereeld in die M-Net advertensie sien)….
    Terug by die nuwe TV-reeks - No. 1 Ladies Detective Agency wat gegrond is  op Alexander McCall Smith se gewilde speurboeke, is verfrissend en vars (veral in vergelyking met sommig Amerikaanse reekse). En vir ’n verandering is dit ’n eg-Afrika storie uit die hartjie van Afrika!
    Precious Ramotswe, wat deur haar eksman mishandel is, bbegin met haar eie speuragentskap in Botswana. En die agentskap lewer ’n paar interessante sake op wat sy op ’n baie onkonvensionele manier takel. Jill Scott, ’n Amerikaanse aktrise wat reeds drie Grammys op haar kerfstok het, speel die rol van Precious so oortuigend. (Ek het binnekort ’n internet-onderhoud met haar in Rapport Tydskrif. Lees dan meer oor die interessante vrou.).
    Nog ’n ster in die nuwe opwindende reeks is Desmond Dube, wat die rol van ’n flambojante haarkapper met soveel panache speel!
    Kyk gerus na die reeks wat Maandagaand (3 Augustus) om 21:30 op M-Net begin, dis ’n reeks met lekker komedie en lewenswaarhede. En boweal, dit is so eerlik en real!  Ek is persoonlik mal daaroor!

    Share/Save/Bookmark