Finesse Tydskrif Blog

Mathys sing nou mooier as ooit!
Ek was verlede week by Mathys Roets se bekendstelling van sy jongste CD, Droomvrouens, by die Centurion-teater in Lyttelton Manor. Moet erken, daar’s min kunstenaars vir wie ek in die week Pretoria toe sal ry, maar Mathys is ‘n uitsondering.

Dis is sy eerste vollengte konsert - ek het hom onlangs saam met die Ses Snare  gesien - wat ek bygewoon het sedert sy motorfietsongeluk waarin hy verlam is.  Mathys Maree het hom op die klavier ondersteun en saam is die twee Mathyse ‘n gedugte kombinasie!

Mathys se vertolkings was nog altyd uit die boeke, maar dis amper asof hy nou met ‘n nuwe gewaarwording en nuwe deernis vir die lewe sing.  (Moontlik het hy dalk nou ook ‘n nuwe deernis vir vroue, ek hoop!)

Daar’s min manlike sangers in ons land wat so absoluut suiwer (en diep) kan sing soos Mathys.  Van Leonard Cohen se Lisa,  So Long Mary-Anne en Joan of Arc tot ‘n paar van Piet Van Wyk se pennevrugte (Madelein) het hy passievol gesing. Twee sangeresse (die een is glo van die groep Shine 4 en die ander van Cutt Glas) het hom om die beurt en tegelyketyd met hul klokhelder agtergrondstemme ondersteun.

Ek wou kort-kort ‘n paar trane wegvee, so het Mathys se basstem en vertolkings my weggevoer!

Ek was Maandgaand by nog ‘n CD-bekendstelling - by Tobi Jooste s’n. Sy nuwe album, Amore,  is by die Silver Star Casino bekendgestel en het ‘n vreeslike groot opkoms gehad. Hou Tobi gerus maar dop (hy is een van die nuwe kunstenaars in die stal van die nuwe platemaatskappy Storm Rekordz) want hy is ‘n regte go-getter. Anders as baie ander kunstenaars, spring hyself uit om ‘n ding te doen - of dit nou nuwe borge is, of eposse uitstuur.

Daarbenewens het die jong 27-jarige bariton beslis sangtalent - en ek dink hy het nou sy nis met die ligte, klassieke genre gevind.  Hy pas ook nommerpas in die kategorie van minnesanger - hy’s uiters sjarmant, beleefd en beslis iets vir die oog (after all het hy al baie modelweerk gedoen en het ‘n reuse-modelkontrak om oorsee modelwerk te doen van die hand gewys omdat hy op sy sangloopbaan wil fokus.)

Ek hou veral van Amore, Andante Andante (ABBA) en Begin te leef (’n vertaalde weergawe van die trefferliedjie uit As It Is In Heaven).

Nou ja, al die vroue wat van romantiese en meer strelende musiek hou, hier is beslis twee albums wat julle baie luistergenot gaan verskaf!

Nuwe uitdagings
Almal hou van nuwe uitdagings en moet se^ hierdie jaar voel vir my kompleet asof ek nou ‘n groentjie op universiteit is!

Jammer oor die stilte - maar die afgelope maand het ek gevoel soos ‘n warrelwind wat van oos na wes en dan van noord tot suid voortwoed!

Die rede? ‘n Totale loopbaanverandering! Ek het op 1 Februarie by Franz Marx Films ingeval in die pos van publisiteits-konsultant - of soos my kollegas dit hier noem “sterre bou”.  En ja, ek is dol oor die nuwe uitdaging!

Maar wat doen jy daar - ons dog Egoli maak nou klaar ?(Dinsdag 2 Maart is voorwaar die heel laaste episode van die langslewende sepie in Suid-Afrika) vra baie vriende en vreemdelinge my.

Wel, ek kan nou nie heeltemal die kat uit die sak uit haal nie maar kom ek gee vir julle sommer ‘n aptytwekkertjie: ek help met die bemarking (of ’sterre-bou’) van Franz se splinternuwe rolprent - die Egoli-rolprent - wat op 16 Junie ons rolprentteaters soos ‘n bliksemstraal gaan tref. Ja, so te midde van die 2010 W^reldbeker-sokkertoernooi.

En vir al die Egoli-aanhangers of nie-aanhangers: die rolprentgaan ‘n GROOT verrassing wees. Ek het ‘n voorskou van die rolprent verlede week gesien en as kykers dink hulle kan net nog ‘n episode van Egoli verwag, misgis hulle hul lelik.

Dis nie ‘n rolprent vir sissies nie - selfs die geharde bierdrinkende mans met harde baarde gaan nog lank nadat hulle uit die rolprentteater geloop het aan die tameletjie kou.  En glo my, hul vrouens gaan ook na hul asems snak. Dis ‘n rolprent wat die psige van die mens ondersoek - en ook vir baie van die ouer garde dalk gaan laat selfondersoek doen. Hoekom? Wel ek laat julle maar vir eers met daardie raaisel…gaan kyk self en dan sal julle sien!

Wie speel almal in die nuwe Egoli-fliek? Dis ook op hierdie stadium ‘n groot geheim - Huisgenoot en You gaan wel binnekort in Maart die hele rolverdeling bekend maak…..daar’s ‘n paar bekende Egoli-karakters, maar ook ‘n nuweling of twee.

Nou ja, en benewens Franz Marx sit ek ook hand by met Storm Rekordz (eksbaas van

Absa Steve Booysen is die finansier van die platemaatskappy) se bemarking. Storm Rekordz het reedws ‘n paar opwindende kunstenaars soos Mel Botes, Varez, Lara Frances, Tobi Jooste, Don Delinger, die Ses Snare en een van die dae ook die gewilde Nederlandse sanger Stef Bos en een van my gunsteling akteurs en sangers, richard van der Westhuizen onder hul vaandel….ek gaan julle in die loop van die jaar sommer goed op hoogte hou van Storm Rekordz se kunstenaars se doen en late.

Dan het Andre Schwartz (die sanger) my ook ingespan om hom te help met sy bemarkingsprojekte - ek het reeds hand bygesit met die Clover Cream Diamond Dive wat op Valentynsdag by Marks Park in Emmarentia plaasgevind het.  Dit was ‘n prettige dag waar ‘n hele rits bekende persoonlikhede soos Nadia Beukes (kykNET aanbieder, aktrise en sangeres)  Leigh Jansen van Vuuren (Illonka van Egoli), Chantelle Gertse (Veronica van Binnelanders), Ulla Pakendorf, Carla van Niekerk (laasgenoemde twee albei van Ontbytsake), Rozanne McKenzie (veldaanbieder Kwela), Gigi (Survivor), Natasja Jacobs (Bonnie van Song vir Katryn) en Alexa Strachan (aanbieder Kamp dit uit op Kyknet en aktrise en sangeres) almal in ‘n poel met skuimroom geduik het om ‘n kontantbewys van R10 000 (wat die wenner aan haar gunsteling welsynsorganisasie moes skenk) te vind.

Nadia Beukes was die gelukkige wenner en het vandag die R10 000 aan haar gunsteling welsynsorganisasie Dayenu, ‘n organisasie wat na ongetroude ma’s en hul kinders omsien, oorhandig.

Nou ja, dis nou in ‘n neutedop die dinge waarmee ek myself deesdae verwyl……volgende week vertel ek nog meer van die “sterre bou”-aksies , Storm Rekordz se groot planne en Andre Schwartz se uitdagende projekte!

Tot wederom!

‘n Splinternuwe jaar!
Dis ‘n spik-splinternuwe jaar! Kraakvars uit die oond….maar wag, eintlik ook nie meer so nuut nie, want die eerste maand le^ al ampertjies pootuit op sy rug.

Om van al daardie nuwejaars-voornemens nie te praat nie; minder eet, meer oefen, meer lag, meer slaap, meer lees, meer glo, minder stres, meer kuier, meer reis, meer klassieke musiek luister, meer vrygewig wees, meer goedhartig wees….meer Martjie-tyd, meer stap, meer swem, meer skaak speel, meer skilder….dit hel als al amper by die venster uitgevlieg?

Uit ondervinding hetek  al geleer om jou nuwe voornemens-lysie nie so lank te maak nie. Die vreugde van ‘n Nuwejaar vir my is dat jy weer ÓOR  kan begin. Oor begin wat vriendskappe betref, oor begin wat familie-verhoudings betref en selfs oor begin wat slegte gewoontes betref.

Al word ons weer so blitsvinnig in die ratwerk van die lewe vasgevang en doen so baie om net te OORLEEF (veral wat geld betref) is dit tog ‘n lekker uitdaging om ‘n nuwe siesoen of siklus in jou lewe tegemoet te gaan.

So begin ek ook die Nuwejaar met ‘n splinternuwe siklus. Op 1 Februarie val ek in by die Franz Marx Films-span in waar ek op ‘n raadgewende basis gaan werk. Nuwe kollegas, nuwe kantore, nuwe uitdagings, nuwe projekte, nuwe lewenslesse…hoe opwindend!

Ek gaan ook nie my deure by Rapport heeltemal toemaak of bru^e verbrand nie en nog steeds vryskutwerk vir die hoofkoerant en InTyd (Rapport tydskrif) doen. Boonop gaan ek ook vir Storm Rekordz met hul bemarking help…..nuwe sowel as gesoute kunstenaars wat Mel Botes, Lara Frances, die Ses Snare, Varez, Tobie Jooste  ens insluit.

Ek is seker ek gaan dan nog meer opwindende brokkies nuus he wat ek met al die Finesse-lesers in die toekoms kan deel….

2009 was vir baie mense ‘n ’slegte’ jaar en ek is hoopvol en vol vertroue dat 2010 ‘n voorspoedige jaar gaan wees. Ek hoop van harte dat al die Finesse-lesers ook ‘n sonnige en gees-vervulde jaar gaan he^. Mag dit ‘n jaar van baie lag, min trane, min bekommernisse, baie vreugde en baie hoogtepunte vir al die Finesse-lesers wees.

Kom ons gryp 2010 met albei hande aan - en maak ‘n verskil net waar ons gaan!

Kersfees kom!
“Ek het nog nie die Krismis- feeling nie,” se^ ‘n kollega verlede week terwyl ons tussen blinkers en streamers in die kafeteria eet.

“Hoe voel die Krismis-feeling?” vra ek en hou my aspris so bietjie dom.

“Die party feeling - dat jy net wil party!” antwoord sy en kyk my snaaks aan. So asof ek nou-net ‘n wors is wat op ‘n Krismiskoek geland het.

Ek bly tjoepstil. Dink so by myself - party? Is dit waaroorKersfees gaan? En wonder toe meer en meer oor daardie Krismis-feeling….

Kersfees beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir baie beteken dit kuier, sosiaal saam met vriende en familie verkeer, baie eet, baie drink, koop, koop en koop…..En vir baie kinders is Kersfees Kersvader wat groot en duur persente uitdeel….

Die winkels en advertensies wink en basuin dit uit: Kom koop kom koop - spesiale aanbiedinge net vir Kersfees! Kom koop, want Kersfees kom! (Ek wil naderhand stik as ek Kersvaders in warm klere in die somer sien staan).

Die wat het, kry meer en die wat nie het nie, voel in hierdie tyd armer…..bedelaars, boemelaars, behoeftiges smag net na ‘n heerlike Kersete, nuwe skoene dalk, nuwe klere….’n warm bed, of névermind ‘n warm bed, net ‘n bed!!

En die wat nie familie het nie, smag na die ware vreugde van familiebande…samesyn van familie…..

Baie Suid-Afrikaners sit almal in dieselfde bootjie - hul familie bly ver. Dalk in Kanada, Londen, Australie”, Nieu-Seeland. Ek het die afgelope twee jaar oor Kerstyd en Nuwejaar vir my broer en suster in Londen gaan kuier. En dan is die vliegtuig stampvol van Suid-Afrikaners wat ‘n kind, ‘n broer, ‘n ma, ‘n pa, ‘n suster of wieookal in Londen het. Ou tannies is opgewonde om hul kinders en kleinkinders weer te sien. Die weersiens op Heathrow van families gee jou hoendervleis.

Vanjaar is ek platsak en kan ek nie bekostig om Londen toe te gaan nie - dit beteken tuisbly vir Kersfees - sonder familie (behalwe ‘n paar tannies en neefs en niggies is my naaste familie maar in Londen).

Ek het uit die staanspoor besluit, ek gaan nie depressief word omdat ek nie hierdie Kerstyd saam met my familie is nie. Ek gaan sterk wees, op my tande byt en myself nie bejammer nie.  Dinge doen wat ek nie gewoonlik tyd het om te doen nie - fliek, lees, by pelle kuier. Maar die depressie het reeds soos ‘n swart hond voor my deur kom sit….of soos ‘n trapsuutjies teen my nek kom opklim. Ek jaag hom kort-kort weg….maar elke keer as ek hoor hoe almal praat van Kerstyd se spyskaart of Jingle Bells of Stille Nag in die winkels speel, dan kry ek daardie knop in die keel…

Kersfees vir ons as kinders was nooit Kersbome en/of Kersvader nie. My ouers het my geleer dat dit ‘n tyd is van gee en dankbaarheid - dankbaarheid en vreugde dat Christus vir ons almal gebore is. Vir die rykes, die armes, die bedelaars….

Oukersaand is daar uit die Bybel van Christus se geboorte gelees…en ons het Kersliedere gesing….geskenke was wel aan die orde van die dag.

Lindie van Eeden (Karin van Egoli en nou skakelbeampte van Solidariteit se Helpende Hand) slaan die spyker op die kop in Rooi Rose oor hoe sy en haar gesin Kerstyd hou - hulle probeer m iets vir behoeftiges en mense wat swaarkry te beteken. Sy en haar kinders ry in hierdie tyd met persentjies in die motor - as hulle iemand sien wat behoeftig is, dan gee hulle die geskenk.

En daarom het ek besluit dat ek hierdie Kersfees ‘n tyd van GEE gaan maak - ek gaan bejaarde vriende nooi vir ete, by siekes kuier.

En dalk in die strate gaan kyk of ek vir Arnold, die boemelaar sien…..miskien ‘n ou kombers vir hom gee. Ek gaan ook ‘n punt daarvan maak om almal wat ek ken wat geliefdes en familie die afglope jaarvereloor het, te troos met die woorde: Kersfees Kom en Jesus Christus is vir ons almal gebore!

Mag  julle almal ‘n vredevolle en gesee”nde Kersfees he^ en die liefde, vrede en vreugde van Christus in hierdie spesiale tyd beleef!

Haweloos en werkloos
Daar het die afgelope twee weke sulke wonderlike wonderwerke met my gebeur, dat ek nie weet waar ek moet begin  vertel nie.

Voorverlede Sondag het ons Nagmaal (ek kerk in Linden). Dis ‘n inspirerende diens en na die tyd het ons gemeente almal saam in die saal gee”et. Ek begelei toe vir oom Piet Malan (90 jaar) en tannie Hansie Malan (89 jaar) na die saal, maar oudergewoonte knoop die twee geselsies al langs die pad aan….hulle is baie lief vir klets, en elkeen in die gemeente wil Sondagoggende met oom Piet (die oudste oorlewende Springbok in die land oor die vorige dat se vername rugbywedstryd praat)

Toe ons uiteindelik by die saal kom, toe is daar wel drie sitplekke oop aan een tafel. Ek help die twee flinke oues van dae (hulle was so tussen hakies my koshuisouers op Potch) na die twee oop stoele op die punt van die tafel. Aan die oorkant is nog ‘n oop stoel (die enigste oor in die saal) waar ek toe gaan plaas neem - langs ‘n boemelaar.

Nou ja, en daar stel ek my toe eers voor aan die verslonsde vuil man. “Arnold” se hy vriendelik. (Ek steek nie my hand uit nie, groet net met die kop).  Vriendelike gesig, glad nie onaantreklik nie, kan doen met ‘n deeglike bad….dink ek…

Nou ja as jy saam met vreemdes aan ‘n tafel sit, dan begin jy mos eers by die naam, dan die van, dan die omgewing waar die persoon woon, dan die tipe werk wat die persoon doen. So kry jy mos die aanknooppunte. Toe sit ek mos met ‘n dilemma = ek kan nie vir die man vra waar hy woon nie. Nou-nou se^hy onder ‘n brug of ‘n boom. Ek kan nie vir hom vra wat hy doen nie, dan gaan hy mos se^: “Niks”. Dus vermy ek hierdie vrae. Ek vra wel waarvandaan hy kom.

“Van hier Linden,”" se^Arnold oopbek, tande daar, maar nie te skoon nie (ironies sit daar toe ‘n tandarts Herbert met pe^relwit Colgate-wit tande oorkant my). “Waar was jy op skool?” wou ek, tipies-joernalis nuuskierig weet. (Die man moes darem seker skooltoe gegaan het, dog ek bymyself. Ek kan nie hier ‘n flater maak nie…)

“Louw Geldenhuys laer skool….1963 in graad een.” kom sy antwoord.

Ek stik toe amper in my vrugtesap. “Ek was in 1963 in graad twee, ook Louw Geldenhuys”. Ons was dus saam op skool. Saam pouses op die rugbyveld in ons maroen-skooluitrustings gespeel.

Volgende vraag: waar is jou familie? (Dalk moes ek eerder gevra het : het jy familie?)

“O, dis ‘n sad storie…..my ma, my pa en my broer is dood. ‘n Ander storie….”

Arnold  eet gulsig….tuna-lasagne…brood….slaai

“Ai, maar die mense is honger!” se^hy en verwys eintlik net na homself. “Ek’s so bly die ree”n het nou opgehou….al my klere is nat!” (dit het omtrent vir drie dae aanmekaar geree”n). Hy klets te heerlik.

Kobus Petzer, éen van ons baie aktiewe gemeentelede kom sit langs my….hy neem foto’s op sy sel van Arnold.

“Hoekom neem jy foto’s?” wou ek weet.

“Lang storie. Arnold het kort-kort aan my deur kom klop, gewoonlik onder die invloed. Tot eendag, toe kan ek dit nie meer verduur nie…..Die Here het nou al so baiekeer aan jou hart geklop! het ek vir hom hard gese^. Maar jy luister nie….”

En toe het Arnold stil geword, vertel Kobus verder……..en toe raak Arnold bekeer. Hy wou sy lewe verander.

Toe sit Kobus met sy hande in sy hare….waarheen nou met die man? Hy het ons leraars gebel….en nou lyk dit darem of MES vir hom ‘n dak oor die kop gaan gee…..en moontlik kry hy dalk ‘n werkie…

Nou ja, toe ek huistoe ry, toe kan ek die storie en Arnold se gesig nie uit my gedagtes wis nie…..ons het min rede om te kla, dog ek…”Therefore I go but for the grace of God!”

Ek wil so graag meer vir sulke mense doen, dink ek. Of net help. (Ek het my hulp ook daar en dan aan tafel vir Kobus aangebied).

En toe kry ek die volgende Woensdag ‘n  oproep van ‘n ou vriend….uit die bloute…nog ‘n wonderwerk….maar ek vertel volgende keer verder.!

kykNET is nou ‘n tiener!
kykNET het verlede Saterdag ‘n volle tien jaar oud geword….en wat ‘n lekker partytjie het ons gehad om dit te vier!

kykNET het omtrent 200 uitgesoekte gaste genooi om die mylpaal by die

Turffonteintein-renbaan te hou.

Die uitnodiging het gelui: uitspattig met ‘n tikkie blou….en party gaste het lekker oorboord gehad. Friedrich Stark en sy vrou Elsje (vervaardigers van Binnelanders) het byvoorbeeld met blou pruike daar opgedaag. ‘n Hele paar akteurs uit die gewilde sepie het ook meegedoen aan die feesvieringe.

Rolanda Marais (Stefanie in Binnelanders) het heel oulik gelyk met haar hoedjie en prettige uitrusting terwyl Nadiqa Velvekens (Pippa) elegant in ‘n lang rok gelyk het. Franci Swanepoel (Toeks) het ‘n elegante halter-nek rok aangehad (haar man, Max, het ons goeie wenke vir die perde gegee). Lindie Stander (Elise) was haar pittige self in ‘n amperse stranduitrusting.

Elma Postma, aanbieder van Boer soek ‘n vrou het die oog gevang in haar pers-blou uitrusting, ontwerp deur Simon Rademan, wat heeltyd aan haar sy was en tot ‘n stukkie materiaal van die rok vir almal gewys het.

Hannon Bothma en sy metgesel, Julius, was so bietjie eenkant. Ek het Hannon gekomplimenteer met sy baadjie en gese^ dit lyk asof dit uit die Ooste kom, menende dat dit baie eksoties is. Hy het geantwoord dat dit ‘n Versace-baadjie is (seker toe uit Italie”!)

Dit was ‘n lekker byeenkoms van ou bekendes….was lekker om byvoorbeeld vir Herman Binge en

Carl Olin (vervaardigers van Idols en natuurlik Boer soek ‘n vrou) ook raak te loop.

Dit was soos ‘n lekker “boere” saamtrek - Coenie de Villiers was seremoniemeester (sy professionele self).

Baie van die gaste het op die perde gewed….en hier en daar het iemand lekker munt geslaan uit die resies.

Ek het ook vir Francois Toerien (My Vasteland) vir die eerste keer ontmoet (en sy mooi vroutjie).

kykNET is beslis nie meer ‘n baba nie, maar nou ‘n volwaardige tiener…..en hopelik sal die kanaal in die toekoms nog van krag tot krag gaan en ons plaaslike bedryf ‘n groot inspuiting met  bog baie kwaliteit-programme en reekse gee!

Afskeid
Afskeid is nooit ‘n maklike ding nie, of ons nou vir mense wat die tydelike met die ewige wissel totsiens moet se, of dit dalk iemand (vriend of familielid) is wat verhuis.

Ek sal nooit die dag vergeet toe my kleinsus besluit het om Afrika vir europa te verruil nie - dis nou seker al vyftien jaar gelede.

Sy het besluit om in Kopenhagen te gaan woon en werk (nadat sy ‘n aanloklike aanbod van IBM gekry het). Sy het voor die tyd Deens begin leer , haar tasse gepak en kort nadat Mandela tot ons nuwe staatspresident verkies is, koebaai gese.

My broer - en pa - was saam op die lughawe met die groot afskeid en ek het snot en trane gehuil toe ons groet. My broer het getroos met die woorde: “Toemaar, sy sal ok wees.”

My straatwyse sussie woon nou die afgelope sewe jaar in Londen en die afgelope vyftien jaar - of ek nou daar gaan kuier het of sy in sonnige Suid-Afrika - was die afskeide op die betrokke lughawens altyd baie swaar. Intussen het my broer en sy gesin ook na Londen verhuis - dis nou vier jaar gelede - en moi is nou die enigste van ons drie wat nog hier woon. (Kan iemand my kwalik neem as ek lughawens haat, want ek assosieer dit altyd met trane en afskeid).

Maandag moes ek ook van ‘n baie getroue en geliefde vriendin afskeid neem. Tannie Milla (ofte wel tannie Schoeman van 7de laan-faam soos baie kykers haar ken) het Maandag finaal verhuis Port Elizabeth toe. Twee van haar dogters, Milla en Susan, woon in die vriendelike stad en op 88 het tannie Milla nou finaal (!) besluit om af te tree.

Ek kan nie in woorde vir enigiemand beskryf wat tannie Milla die afgelope 28 jaar vir my beteken het nie - sy het my surrogaat-ma geword na my ma se afsterwe en sy was ALTYD daar vir my (ons was eers 12 jaar bure in Brixton, dis hoe ons mekaar leer ken het).

Sy was so ‘n wonderlikie rolmodel vir my gedurende al hierdie jare - sy gooi nooit tou op nie, het altyd ‘n oplossing vir ‘n probleem gevind, het ‘n onwrikbare geloof in haar God, ongelooflik onbaatsugtige liefde vir haar medemens…..

Haar studente by die ADK het haar ook leer ken as iemand wat altyd ‘n skouer en ‘n oop hart en wyse raad het vir enige probleem. dit was ongelooflik om deur al die jare te sien hoe baie hulle almal vir haar omgee….en sy vir hulle.

Ek sal nooit daardie prentjie van tannie Milla vergeet toe sy Maandag op die stoep gestaan het en vir my totsiens gewaai het nie….ek kon beswaarlik die trane onderdruk.

Soos reeds gese^, afskeid is nooit maklik nie, maar ek hoop dat sy in hierdie jare wat nog vir haar voorle^net goeie gesondheid sal geniet….en dat sy baie lekker sal rus by die see en haar familie! Want sy verdien dit!

Hope Nuwe Blink Talent
So is ek toe genooi om Woensdagaand Steve Booysen, eks-baas van ABSA,  se Musical Boardroom by Emperors in Boksburg by te woon.  (Dis ‘n vertoning wat Steve  Booysen bymekaargesit het en ‘n gelyknamige album met verskeie bekende kunstenaars is die aand deur Storm Rekordz, bekendgestel)

Nou ja, ek het aanvanklik vreeslik opgesien om te gaan. Eerstens moet jy jaag om van die kantoor by die huis te kom, aan te trek en op te tof en weer jaag om betyds by die funksie te kom. En die padwerke en verkeer maak dit nie makliker nie. Teen die tyd wat jy sewe-uur by die funksie kom, is jy gewoonlik pap nat gesweet, jou nek is in ‘n spasma en jy bewe van stres.

Ek en my vriendin Marianna het toe wel besluit om so uur en ‘n half voor die tyd die moeilike pad te vat. As ons genoeg tyd gehad het, sou ons selfs ‘n mandjie en toebroodjies vir padkos gepak het, want die Emperors is omtrent ‘n dagreis ter perd.

Nou ja, daar kom ons toe net betyds by die teater aan! Als baie  fancy, en volgepak. Die konsert, met onder meer Mathys Roets, Lara Francis, Danie Niehaus, Tobi Jooste, Bobby Louw, Andries Botha en sy broer Ghapi, Clint Cunningham, Anna Davel, Mel Botes, Kurt Darren en Natasja Jacobs, Veraz en die Ses Snare is geadverteer as ‘n “oldies” konsert en ek is seker dit was beslis meer op die ouer garde gerig. (So tussen hakies, die eerste twee aande is die tafels aan verskillende maatskappye verkoop en die kaartjies het glo R1000 per persoon gekos. Die derde aand is die deure vir die publiek oopgegooi).

Die liedjies op die program (en die album)  is alles Steve Booysen (ek sit maar elke keer Booysen by nou-nou dink mense dis Steve Hofmeyr) se persoonlike keuse: en dit is ou treffers so uit die laat sewentigs en vroee” tagtigs. Anna Davel het byvoorbeeld They Shoot Horses Don’t They gesing, Mathys het die liedjie Arms of Mary (wat baie ou herninneringe van my goeie Puk-dae opgeroep het) gesing en Liesl du Toit (ex Shine 4-meisie) het gesprankel met die op-en-wakker Jeans On. Moet se, die nuweling wat seker die grootste aftrek en reaksie gekry het is Veraz, ‘n 23-jarige sanger-liedjieskrywer van die suide van Johannesburg. Hy sing lekker reggae en het treffers van die Bee Gees soos To Love Somebody lekker opgeklits - en die gaste se dansvoete behoorlik gekielie. (Hou Veraz gerus in die toekoms dop, hy is ons eie boere Bob Marley).

Die aand was na my sin bietjie uitgerek. Kurt was wel ‘n wonderlike compere en het die onkonvensionele aand op ‘n onkonvensionele, lekker informele manier aangebied…..Kurt is ‘n pro op die verhoog en weet net wanneer om die regte ding op die regte tyd te se^. (En Kurt se weergawe van die Van Morrison se Have I Told You Lately That I Love you het my behoorlik hoendervel gegee!! Wow, Kurt!)

Nog ‘n groot bonus van die aand was die Ses Snare se keurspel - dit is die eerste keer dat ek hierdie ses musikante saam en live hoor speel en ja, Vya Con Dios se Neh Nah Nah Nah het die gehoor heeltemal gaande gehad. Die gehoor wou die ouens natuurlik ook nie laat gaan nie - en hulle moes nog ‘n toegif doen. Dis so lekker om hierdie ses te hoor en te sien musiek maak,  Leon Ecroignard, die grapjas van die ses, is natuurlik ‘n groot vreugde om dop te hou, want dit lyk of hy elke oomblik geniet wat hy doen!

Dan moet ek nog byvoeg, dis lekker dat daar nie net jong latte op die verhoog was nie. ou veterane soos Danie Niehaus, Mathys en Bobby Louw het ook gewys hulle hoef nie’n tree terug te staan vir die nuwe talent nie.

My hart het sommer na die tyd geswel van trots - ons het soveel talent in hierdie land en soveel belowende NUWE talent!!  Hopelik sal  nuwe jong sterre soos Lara Francis en Veraz nie sommer in die niet verskiet nie!

Gaan kyk gerus op die CD-winkelrakke of jy Steve Booysen se My Musical Boardroom (Storm Rekordz) in die hande kan kry - veral as jy van die 70′’s en 80’s se musiek hou.

Hopelik gaan Steve B. nog ‘n versameling treffers in die nabye toekoms uitgee, en ja, nou praat die Afrikaner-patriot binne my, ek hoop volgende keer is dit nie net in Ingels nie, maar ook van ons groot Afrikaanse treffers soos Mannetjies Roux, Liza se Klavier ens. wat bietjie afgestof word.

Katte wat dans en sing
Dit is altyd lekker om na ’n musiekspel te gaan kyk, soos Pieter Toerien tereg hierdie week op Top Billing gesê het, jy kan net agteroor sit, ontspan en al jou sorge vergeet.

En so baie van ons het deesdae net te veel sorge.

Verlede Sondagaand ek en my ander vriendin Mariaan (ek het toevallig drie Mariaan-vriendinne) Cats by die Teatro, Montecasino in Fourways gaan kyk.

En dit is beslis goeie ontvlugting. Die kostuums, danse en musiek is uit die boeke. Katjies wat kan dans, spring en sing!

Ek wou al die jare Cats sien en het seker al twintig jaar gelede na die liedjies uit die musiekspel geluister. Toe Cats die eerste keer in Suid-Afrika aangebied is, het ek dit ongelukkig gemis. En die kere toe ek in Londen was en die speelvak van Cats nog aan was, het ek dit ook om een of ander rede gemis. Intussen het die speelvak in Londen verstryk (Cats is after all al 21 jaar daar aangebied) en ek het net gedink ek gaan die gewilde Andrew Lloyd-musiekspel, wat op T.S. Elliot se werk gegrond is, nooit te siene kry nie. Dit was dus baie goeie nuus toe ek hoor Cats word weer vanjaar in Suid-Afrika op die planke gebring.

Ek was bevoorreg om ’n hele paar musiekspele in Londen te sien van Mamma Mia!(met ons eie Suanne Braun), Les Miserabéles, Hairspray en Chicago (met David Hasselhoff as Billy).

Hier ter plaatse het ek ook fenomenale produksies soos Phantom of the Opera en Beauty and the Beast (my absolute gunsteling) gesien.

Ek het Sondagaand met Cats weer besef hoe bevoorreg ons nou is om hierdie gehalte produksies in ons eie land te sien. Ons musiekspele hoef nie een tree terug te staan vir West End nie! Suid-Afrika spog met ongelooflike dansers, akteurs, choreograwe, sangers ensovoorts. En al ons wonderlike kunstenaars hoef nie oorsee te gaan om daar die potjie goud aan die einde van die reënboog te soek nie - hulle kan dit nou hier kry!

Charlize - skoonheid en ondier
Van Putfontein se plotte tot Hollywood heldin, Chris Karsten se vuurwarm en nuwe biografie oor Charlize Theron, vertel haar lewensverhaal so na aan die waarheid soos ons seker ooit sal kom….

Ek glo meeste Suid-Afrikaners is gefassineerd met Charlize omdat ons graag dink dat sy “ons s’n” is. Soos biltong en Mrs Balls blatjang

ons s’n is. Omdat Charlize se naam maklik op ons tong val. Omdat baie van ons al Benoni gesien het. En dat sy Hollywood verower het. Daardie stad van drome wat so onmoontlik blink gepoleer is dat dit vir ons so werklik soos Kersvader en die tandmuis is. Soos Charlize in haar bedankingstoespraak gesê het toe sy haar Oscar trofee gekry het – “dis gek, ek kom van ’n plaas in Suid-Afrika!”

Die boek vertel die storie van die veelbesproke gru-nag toe Charlize se ma haar pa doodgeskiet het. In die meeste detail nóg. Die moord het plaasgevind dieselfde dag waarop Charlize kwalifiseer het vir ’n modelwedstryd aangebied deur Rooi Rose tydskrif. Weke later het Charlize die kompetisie gewen, oorsee gegaan en die res… is geskiedenis.

Karsten staaf sy vertelling met ’n volledige bronne register en selfs die polisie verklarings wat Charlize en haar ma afgelê het op die nag. Jy kry ’n heeltemal ander prentjie van die gedugte ma-en-dogter span. Karsten kon ongelukkig nooit self met Charlize in kontak kom nie omdat roem en rykdom toenemend ’n muur om haar bou. Hy maak in die opsig dus staat op diegene wat wel vir Charlize ontmoet het. Van die Suid-Afrikaanse mode-foendi’s wat al met Charlize gewerk het, het ook hul indrukke oor Charlize met my gedeel. Vir professionele rede’s wil hul nie hul name genoem hê nie  –

E, ’n skoonheidsredakteur wat Charlize as tiener help aanwys het as die wenner van ’n plaaslike modelkompetisie sê oor haar jongdae “Gerda, die ma, was deurentyd daar. Sy is die opperste verhoog moeder wat haar drome verwesenlik met bemiddeling van haar kind. Charlize het toe reeds oorgeloop van self vertroue. Sy is slim soos die houtjie van die galg.”

M, ’n fotograaf wat Charlize vir ? plaaslike vrouetydskrif se voorblad afgeneem het toe sy die veelbesproke anti-verkragting advertensie hier kom skiet het – “Charlize is aantreklik maar niks meer besonders as baie vroue wat ek al teëgekom het nie. Ek raai sy het onder andere met seksuele magnetisme haar pad na sukses gebaan.”

A, die grimeerkunstenaar op dieselfde fotosessie. “Charlize was nie tevrede met die natuurlike lipkleur wat ek haar wou gee nie. Sy het aangedring op helder rooi lipstiffie en het op die ou einde dit self aangesit. Sy wou nie aangegaap word deur die mense op die stel nie en daar is skerms in die studio opgerig sodat sy en die fotograaf afgesper was tydens die foto-nemery.”

R, ’n voormalige moderedakteur was ten tyde van die fotosessie nog ’n ontwerp assistent by ’n Kaapse modehuis. “Charlize is nie die tipiese rietskraal ster nie en ek moes die rok aan haar lyf verstel want sy was groot.”

L, ? Johannesburgse fotograaf sou Charlize die week na haar Oscar-triomf afneem vir ’n voorblad van ’n Engelse glanstydskrif. “Charlize het vereistes gehad – onder meer dat sy by die Westcliff hotel waar sy tuisgegaan het, gefotografeer word, maar die oggend van die fotosessie wou sy nie daarmee voortgaan nie. Haar hare is gestileer deur S vir ? TV onderhoud daardie aand en wat ek waardeer het is dat sy saam met hom vir my ? handgeskrewe nota gestuur het om verskoning te vra vir die ongerief.”

Uit hierdie prentjie wat jy van Charlize kry en dit wat Karsten skryf wil mens spekuleer dat Charlize se sukses gebroei het uit ’n kombinasie van omstandighede en opportunisme. ’n Ambisieuse ma, ’n bedorwe brokkie en die traumatiese waterskeidingsmoment van haar pa se moord. Een van die belangrikste momente in die boek, is waar Karsten praat met die eertydse redakteur van Rooi Rose, Joan Kruger. Sy het aan Charlize die kroon oorhandig toe Charlize as tiener die modelwedstryd gewen het wat haar op haar pad na sukses gesit het. Joan het haar indrukke oor Charlize en haar ma heroorweeg. Wat sy aanvanklik as ’n teer moment tussen ma en dogter beskou het, het sy later begryp as ’n rare en skokkende blik in die binnewerkinge van die beroemde verhouding. “Daar was ys in Gerda en Charlize se are. Nie kwesbaarheid nie.”

As jy hou van gebalanseerde biografieë, ’n aanhanger is en wil weet hoe lyk die pad na roem voor dit met strooisuiker besprinkel is, lig hierdie boek die sluier.

CHARLIZE, EK LEEF MY DROOM DEUR CHRIS KARSTEN IS BESKIKBAAR BY MEESTE GROOT BOEKWINKELS.