Vir wie dissiplineer jy jou kind? - Amy Kleinhans

    main“ Wanneer is dit tyd om die rokspante te los”
    Ek het net onlangs die mees interessantse geleentheid gehad om te bevestig dat my besluite oor dissipline eintlik baie goed uitgewerk het.  Ek was altyd vasbeslote om goeie  dissipline te implementeer en te handhaaf en gevolglik is ek baie streng met my kinders, dit kom seker van my onderwys agtergrond af.
    Ek dissipleneer my kinders om hulle selfversorgend en onafhanklikheid te leer, maar dit kom soms voor asof ek hard en koud in my aanslag is.  Ek verstaan totaal en al dat ek nie besig is om ‘n populariteits kompitasie wil wen wat my kinders of vriende aanbetref nie en dat ek my doelwit altyd in sig hou.

    Voorbeelde van dissipline wat ek toegepas het:

    •    Elkeen van my kinders het vopspene gehad, en ek het op 18-maande ouderdom met al my kinders, sonder dat hulle kon agterkom of argumenteer daaroor, het ek dit weggevat.  Dit het met al my 3 kinders gewerk;
    •    Op 2-jarige ouderdom het al my kinders skool toe gegaan.  Dit is die regte tyd volgens my vir kinders om sosiale einskappe aan te leer en interaktief met ander kinders te verkeer;
    •    My kinders is van kleins af geleer om met ‘n groot woordeskat te praat sodat hulle hulleself kan uitdruk

    Die situasie waarin ek bloodstelling gekry het baie onlangs, het my ontnugter.  Die mamma is swanger met haar tweede kind en haar oudste is amper 2.  Sy raak meer en meer bekommerd oor haar kind se ontwikkeling ten opsigte van sy optrede teenoor sy ouers, ander kinders en spraak.  Miskien is dit omdat sy ‘n bietjie skuldig voel oor die tweede swangerskap en oorkompenseer met die eerste kind.  Sy praat byvoorbeeld namens die kind en dit versoorsaak dat hy nie self praat nie maar himself uitdruk deur gebare.  Sy gee hom veral baie aandag as hy ‘nag’ en ‘tantrums’ daardeur draai hy haar om sy pinkie.  Hy is een keer ‘n week in ‘n skool en is gevolglik baie agrisief met ander kinders.

    Gevolglik stel sy die voorbeeld dat Mamma alles vir hom sal doen en hy dit nie nodig ag om selfstandig te word nie.

    Daar is nie een resep wat vir alle families werk nie, maar ek hoop jy as Ma kon ‘n ander perspektief kry indien een van die negatiewe of positiewe voorbeelde van toepassing is op jou en jou kind se lewe.

    Share/Save/Bookmark