Oor gewig
05:00 oggend.
Die span lyk blekerig, almal swaar gelaai, soos pakdonkies, met toerusting. Almal behalwe die model. Sy dra ’n sigeuner serp en reuse sonbril so ek herken haar nie as die model nie. Sy lyk nie erg spraaksaam nie en ek hoop die ysprinses ontdooi as ons in die woestynson is. Die span gaan soek koffie maar omdat ek van nature bewerig is sal ekstra stimulante my dalk van die mure af laat bons soos ’n menslike ping-pong bal. Moet liewer my gewig aanspreek - 200 kilogram daarvan.
Chantal van Namibia Tourism, die organiseerder vir ons fotosessie, is een van daardie raakvat mense. Ek wil-wil nog uitfreak omdat die modespan se tasse amper dubbeld die gewig is wat toegelaat word op Air Namibia. Sy is onversteurd.
“Calm down to a panic!” is haar reaksie.
Toe ek dié woorde hoor wil ek my ’n papie lag. En ’n nota op my Blackberry aanteken (na hoeveel keer ek hom laat val het is dit meer soos Crackberry) om vir almal in die modekantoor T-hemde met die woorde op, te laat druk. Wat my daaraan laat dink dat nou dat die Pretoria Prinses my verlede is en Valentynsdag op my eie my toekoms, moet ek dalk Dollar se idee inspan. ? T-hemp wat sê “Try me, I’m new!” Dollar moes die idee gekry het in Bryanston Spar se margarienrak, raai ek. Skrap laaste idee.
Fokus!
Ons kry ons bagasie op die vlug sonder enige probleme en land twee uur later in Windhoek waar jy die hitte inloop asof jy ’n ander dimensie binnegaan.
Dollar die grimeerkunstenaar lyk paniekerig. Die bagasie vervoerband het al almal se tasse uitgespoeg behalwe hare. Ek begin in my geestesoog sien hoe sy met speeksel, rooi sand en improvisasie die model moet opmaak. Lughawepersoneel praat verwoed op walkie-talkies, bel rond. Die nuus? Haar grimeertasse het in Johannesburg agtergebly en sal die volgende dag opgevlieg word. ’n Vinnige berekening in my kop laat kom my tot die slotsom dat water en sand ons enigste “grimeer” opsie gáán wees. Dollar lyk erg bekommerd maar keer my toe ek almal wil bymekaarskraap sodat ons die toergids in die Arrivals saal kan ontmoet.
“Ek weet nie hoe om die nuus te breek nie. So ek gaan jou nou net sê. Waar is jóú tas met jou toiletware en klere in?”
Hoe kon ek die klein detail mis? Omdat ek my werk en ander se belange eerste stel? My ego wel op vir ’n oomblik. Die gedagte wyk gou wanneer ek dink aan my slim pakwerk om ? reeks moderne Lawrence of Arabia geïnspireerde uitrustings vir myself in te pak. Om die reis sonder eau de toilette of Waterpik te wees. (Waterpik is die ongelooflikste nuwe ding na tandeflos-en-borsel om jou ’n Hollywood glimlag te gee.) My klere voel skielik taai aan my lyf en my mond wollerig. Onwillekeurig speel die refrein van… Kurt Darren (?) in my kop.
“Ek wil huis toe gaan, na Mamma toe!”
LEES OP BL. 63 IN FINESSE SE MAART UITGAWE MEER OOR ONS REIS NA DIE NAMIB WOESTYN.

Posts