Verduiwels!

    ryk-neethlingAmor voel die media se angel. Haar kommentaar was nou net op die radio oor die maalkolk rondom haar man se betwiste katel debakel. “It’s from the Devil!”

    Van die os op die jas.

    Die duiwelse lastigheid met boeke oor grimering is dat heelparty van die boeke dit laat lyk asof die model net oogomlyner en bietjie blosser gekry het en VOILA! Toe verander sy in Gwyneth Paltrow!!! Nou wil ek net weet of bietjie peroksied en ’n aangenome peuter uit Ghana my sal verander… VOILA! In Brad Pitt?!!!

    Toe nie, wiele.

    Ek was al op genoeg mode fotosessies gewees. Verlede jaar alleen meer as ? 100. Verkwalik my dat ek my tot gif-inspuitings in my voorkop wend met so ’n aanslag van ego’s. Dis baie erger as UV blootstelling. Jy sal ook heeldag ’n paniekerige trek op jou gesig dra.

    Dit neem ? uur, indien nie twee nie, om voorbladsterre se gesigte fotografeerbaar te kry. (Op ’n sessie ’n paar weke terug het die ster se grimering 5 ure geneem! Meesal omdat sy so besig was op haar selfoon dat die grimeerkunstenaar nie haar mond geverf kon kry nie. Ons moes eintlik die pruikgom gebruik het om haar mond mee toe te hou want haar skinderstories oor die ander celebs (meer…)

    Share/Save/Bookmark