Jou nuwe, nuutste gesig
Ek, Carike Keuzenkamp en Goempie was heel nag uit in ’n metallic oranje Hummer terwyl daar rap remixes van Bartolemeus Dias op die cd player speel. Die monster trok se vensters het in hul rame gebewe soos ons die dorp rond kerjakker het. Eish.
Wel dis wat ek gedroom het maar vanoggend klop my kop skoon toe ek aantrek vir werk.
[Nota aan self: onthou om dié storie vir Dollar te vertel. Sy weier mos om my blog te lees nadat ek daarop geskryf het dat haar kinders filistyne is. Dollar doen Vrydag Carike se makeup vir haar nuwe DVD. Carike is blykbaar so gek oor haar Finesse April voorblad dat sy haar nuwe DVD se shoot uitgestel het net om te verseker Dollar kan haar grimering doen.]
Ek was die afgelope week soos ? besetene aan die skryf om spertye te haal, fotosessies te reël en so tussen-in by media bekendstellings uit te kom. Sodat ek en jy darem kan weet watter miracle roompies die groot skoonheidshuise in 2009 gaan bekendstel dat ons almal plooiloos is van ons voorkop tot by ons groottone.
Eliza Do-Little, ons gesondheidsredaktrise en ’n meisie van min woorde of gesigsuitdrukkings, prewel so elke anderhalf uur dat sy nog Rooibos Cappucino’s gaan maak. Dit is ons gunsteling nuwe (teenverouderings-) drankie in die kantoor. Alhoewel ek gehoor het dat die moderedaktrise by ’n sekere bekende fiksheidstydskrif rooiwyn in ’n heupflessie saamdra op shoots want dit voorkom dat sy nie heeltyd rondloop met haar berugte vieslike frons en gil op die modelle nie. Ek is bly vir hierdie Geel Heks want blykbaar het sy nou afgekom van die pienk pynstroop vir kinders (waarvan sy altyd twee bottels in haar lessenaar se laai gehou het).
Nou die aand het ons ’n farewell ete vir Will van Bobbi Brown want hy is opgeraap deur hul hoofkantoor in Londen en daar vertel hy toe vir ons van die nuwe ding na plastiese sjirurgie.
Die new new face.
Watseding?
Die new, new face!
Dit werk só: In die jare 80 het die mense se koppies heeltemal uitgehaak. Vrouens soos Cher, Edith Venter en jou bejaarde, ryk buurvrou het hul gesigvelle so ver moontlik op en agtertoe laat trek, vasgekram agter hulle ore en die ekstra los velle laat afknip. Grusaam en duur. Die resultaat? Gesigsontrimpeling operasies wat almal gelos het met hierdie permanente verraste “haai-ek-het-jou-lanklaas-gesien” uitdrukking op hul gesigte. Dít vriende, is genoem die “New Face”.
In die nuwe millenium moet almal dogtertjie gesigte hê. Dink aan die Olsen twins. Groot koppe op dun nekkies, groot ogies, klein neusies, roosknop mondjies en vol wange. Soos ’n mallerige Bratz pop.
Hoe kry jy die gesig? Deur alles plomper te laat maak. Ja, plomp is goed. Solank dit in jou gesig en nie jou agterstewe is nie. Jy raak plomper op die regte plekke deur jou voorkop glad en jou mond en wange voller te laat spuit. Vrouens soos Madonna, Edith Venter en jou bloedjong, ryk buurvrou doen dit. Die New York Times tydskrif het Madonna se gesig op hul voorblad gehad met die naam hiervoor. Die “new, NEW face”. (meer…)

Posts