Goue advies - Amy Kleinhans
Hierdie onderwerp is ‘n doring in die vlees in elke huisgesin. Al drie my kinders kom baie goed oor die weg en speel almal lekker saam, maar in dieselfde asem is daar insidente waar een by my kom kla of een wat begin iemand huil ens. ens ens.
Die meeste van die tyd los ek hulle om hulle eie onderonsies uit te sorteer. Daar is uitsonderlike gevalle waar jy moet intree wanneer dit tot konflik lei wat hulle nie kan self uitsorteer nie of wanneer konflik wat homself herhaal permanente negatiwiteit kan manives tussen boeties en sussies. Wat ek onlangs in my eie gesin gesien het is dat Phillipa (11) en Thomas (9) vir die kleintjie, Georgia (2) boelie en terg. My eerste reaksie is altyd om vir hulle te vra om te dink wat hulle vir Georgia leer deur hulle optrede of dit nou verkeerde maniere is, boelie, terg of moedswilligheid ens. Die booskap wat ek probeer oordra het is dat hulle haar moet help dat die negatiewititeit nie haar karakter verander of beinvloed nie.
Die resultaat na die gesprekke hou net altyd vir ‘n kort rukkie en het toe besluit om my strategie daar rondom te verander en vra toe vir hulle hulp om mekaar en Georgia mooi groot te maak. Hierdeur het ek aan hulle die voorreg geskenk om saam met my Georgia op te voed en daardeur ons almal se interpersoonlike eienskappe te deel en te versterk. Ek het dadelik geweet ek is op die regte pad om die probleem permanent aan te spreek omdat ek gedurende die gesprek kon sien hoe die liggies aangaan.
Dit het hulle baie trots gemaak dat ek vir hulle om hulp gevra het. Dit het nie ons geskinskinders-onderonsies heeltemal geelimineer nie, maar het defnitief die byt daaruit gehaal.
‘Jy is die som van almal rondom jou’ so gaan Georgia die som wees van ons gesin en ons optrede.

Posts