Geen kommentaar!
My emosionele pH-graad is vandag heeltemal van balans geslinger. Mense, voel ek vir jou skurf.
Ek het die afgelope 8 dae Daddy Daycare gespeel vir Dollar se kroos terwyl sy saam met Vogue prentjies maak. Dit was veronderstel om 10 dae te wees maar ek het teen dag 9 vir die Prinses van Pretoria gesmeek om my te huisves. Ek moes die stryd gewonne gee.
En dit na ek my innerlike Hitler ontdek het.
Geez. Dit vat net 5 minute van -
“Watse kos kan ek vir jou inpak vir pouse?”
“Nee, ek HAAAAAAAAAT mayonnaise op brood.”
“Goed dan, wat van…”
(Sy het nie eers opgekyk nie.)
“Nee! Ek’s NIE lus vir tjoklit muffins NIE.”
“Ummm…”
“O en ek dra nie twee dae na mekaar dieselfde uniform nie so ek het niks om more aan te trek nie.”
Mens kan nie anders as om tot die slotsom te kom dat skottelgoed was en om Grace die Bassett se “poop” op te “scoop” net aan die tiener helsems se karakters kan bou nie. Dit sal immers drastiese stappe verg om die aanslag van die Osbournes se eersteklas voorbeeld van ongesonde gesinswaardes teen te werk.
Asof dit nie genoeg is dat ek sonder ’n mode-assistent is nie. Niemand wat my standaard MacDonald’s ontbyt vir my kan gaan haal nie. Om alleen met ster kwaliteit ego’s opgeskeep te wees op cover shoots nie.
“Wat is sy probleem?” hoor ek die sepie divette* se skerp tong sny.
[’n Divette* vir die van julle wat nou verward is in die wildernis van die celebrity-kultuur is ? “baba” diva, ? nuweling in die kollig oftewel ? diva-in-opleiding.
*'n Divette is iemand wat nog nie haar Kurt Darren trofee aan die Kollege van Jammerlike Celebrity Tantrums verwerf het nie.
Ekskuus, ek het nou net verskriklik sooibrand gekry en ek het nog nie eers my Egg McMuffin met veselrige lemoensap afgesluk nie.]
Ek en die divette het uiteindelik vrede gemaak na die groot kwessie van haar wispelturige haartekstuur met arbitrasie van die haarstilis beslis is.
Een ligpunt is om gister op Hoëveld FM te luister na Joost se private speurder meneer Mike Bolhuis. Die bees lyk asof hy stap uit die 80’s fliek Blade Runner. Dit moet genoem word dat Joost se verweer ? verdoemende weerlegging is van die ponietydskrifte en koerante se storie. Hy klink beslis onskuldig. As dit klinkklaar bewys word dat die video gefabriseer is, is daar ernstige skade aan die kredietwaardigheid van daai publikasies. Nou nie dat mens die woord “kredietwaardig” en “Sondagkoerant” in een sin kan gebruik nie? Maar waarom sal iemand nou so min hou van Joost. Hy en Amor is so skadeloos soos spookasem. Dat jy so ver sal gaan om ‘n rolprentproduksie te maak om iemand te beswadder?
Ek moet julle nog vertel van my aandete saam met die skoonsuster van die Eerste Afrikaan in die Buitenste Ruim (asseblief, as iemand uitvind wat ? Afrikaan is – laat my weet – ek het aanvanklik gedink dis ’n spesie stoetbul maar klink nou meer na ? uitdinksel van vervelige intellektuele soos oom Breyten). Genugtig, haak almal se koppe uit as hulle biljoenêrs raak? Michael Jackson het destyds begin slaap in ’n suurstoftenk. Wat maak stinkryk rekenaar bleeksiele? Aldus my bron? Hulle dring aan op die nuutste reeks van Heroes op DVD voordat dit geloods word op Amerikaanse TV.
Dis eintlik hoekom jy maan toe wil gaan! Om kontakte te hê dat jy jou gunsteling reeks kan sien vroeër as die man in die straat. After all. Dit bewys mos jy is die man op die maan.
Maar meer daaroor later. My tjippies lyk al slap.
Lekker naweek. Moenie vergeet Patrasha Lewis tree op by daai slaghuis nie. Jy kan ’n gratis skaapboud wen.
MARK SHUTTLEWORTH IS WEL OP ONS LYS VAN MEES INSPIRERENDE MENSE HIERDIE MAAND. GAAN LEES IN DIE NUWE FINESSE WAAROM.

Posts