Lam-tietie dam-tietie
Die modekantoor het vier klere-relings op wiele. Al vier is van hoek tot kant vol hangers en staan nou in my sitkamer by my huis want ons vlieg more-oggend Windhoek toe en ek moet nog pak.
Cleopatra, die styl-assistent, het noukeurig lyste gemaak van die mode items, skoene, juwele en rekwisiete en ek probeer dit uit my gedagtes hou dat ek verantwoordelik is vir 4 tasse met ’n inhoudswaarde van R115 000. Ek kyk op my selfoon en herinner myself daaraan dat die hele R115 000 hul weg na my tasse moet vind, vandag nog, want ek moet 04:00 opstaan. Dis nou met die aanname dat ek wel enigsins sal slaap vanaand. Om 05:00 moreoggend gaan ek die span ontvang op die lughawe. En seker maak almal se dokumentasie is reg en dat elkeen moeiteloos deur paspoortbeheer gaan.
Ons skiet Maart en April se modestories vir Finesse se sustertydskrif by ? vakansie-oord in die Namib woestyn. Min mense weet dat tydskrifte se inhoud maande – 3 tot 5 maande - voor die tyd beplan word en dat dit ’n goeie kombinasie van fyn beplanning en ’n skoot toekomsvoorspelling vereis om seker te maak dat die nuus waaroor jy in die kersseisoen skryf wel vir Paasfees gepas sal wees.
Ek kyk die reeks faux pels onderbaadjies so en voel jammer vir die model wat in 38°C somerweer daarin gaan moet mooi lyk.
Nota aan self: bel die grimeerkunstenaar en vra haar om ? kleefsproei vir die grimering in te pak dat die model se gesig nie afsmelt nie.
Grace die Hond loer met haar hangogies na my en ’n mond vol iets.
Grace is ’n mode ikonoklas. ’n Styl terroris. Sy haat enige etikette en sal altyd die duurste item uitsnuffel en dan daarna hap. Sy het my David Beckham sandale wat die prys van ’n TV gekos het gekou toe ek dit een aand onder ons stoeptafel gelos het. Die volgende oggend was ek verbaas om kouseltjies biltong te sien rondlê totdat ’n koue naar gevoel oor my maag spoel in golwe en ek besef die kouseltjies was die sandale.
Laasjaar het sy my nuwe boek The A to Z of Style, dit was nog nie eers deurgeblaai nie, in my kamer gaan uitsoek. Toe sy daarmee klaar was, was dit The A to !BLERTS! of Style.
Ek wonder of die heelal dit so bestem het dat ’n mode-fanatikus ’n viervoet moes kry wat my daaraan herinner om perspektief te hou. Met haar kan ek nooit vergeet hoe onbelangrik mode eintlik is in die groter prentjie nie.
Grace kry nie stuiptrekkings nie maar daar loop iets taai by haar mond uit. Dit is… ’n silikoon inplantaat?!? Wraggies! Soos in die soort waarmee Posh Spice haar aandrokke so oulik volmaak. Grace is nie groot genoeg om enige iemand plat te trek nie so ek raai sy het die rubbertietie gesteel by die mediese rep wat skuins oorkant ons woon. Orals waar sy met die boebie hardloop los sy ’n spoor silikoon agter haar. Dis amper onmoontlik om die gwellerigheid uit die mat te kry. Grace en haar een boob word na die agterstoep verban. Ek hoop die dag raak niks meer bisar nie….
OK, OK. Tyd vir tasse pak. [sug]
GRACE KELLY DIE HOND SPEEL MODEL IN FINESSE SE APRIL UITGAWE OP BL. 34

Posts