Miaauuwww!

Al was fashion week se gemorspos nie van herwinde papier nie was die ontwerpers wel groen in hul keuse vir ons komende winter. So bottelgroen dat jy nie kon kwalik geneem word as jy dink jy het by die jaarlikse sitting van die Sioniste kerk ingestap nie. Hoera vir Heni Este-Hijzen wat die seisoen se geruite patrone interpreteer het deur die modelle te laat Voortrekker kappies dra!
Laasjaar het ek dit aan my buurvrou in die media sitplek langs my genoem dat die modelle nogal drillerig is. Dit het my toe ’n noue ontkoming op ’n radiostasie veroorsaak waar ek moes verduidelik dat baie, selfs meeste, van my vriende en geliefdes het gesonder en ronder figure maar dat mens se verwagting by ’n modeskou is dat die meisies soos klerehangers lyk. Hierdie jaar is hulle brandmaer.
Geen wonder loopplankmodelle het sulke lang gesigte nie! Die leefstyl redaktrise van ’n nasionale koerant bied aan om hulle met kos te gooi dat hulle vroliker raak.
Tussen vertonings praat ek en die leefstylredaktrise-van-die-nasionale koerant oor studente partytjies (slegter klere, beter geselskap, ons lewe in die pre-botox era) en ek noem aan een mode ontwerper van hierdie ongelooflike boek wat ek lees ’n Nuwe Aarde. Hy kry ’n frons en sê “al wat mens hoef te lees is jou kredietkaart statement”. Ons is inderdaad by Fashion Week.
Dit laat my terugdink aan modeweek in Kaapstad toe ek twee etenstye agter en een glas wyn voor was en ek, op soek na die kleedkamers, ’n voormalige Mej Suid-Afrika raakloop. Sy het op daardie stadium haarself herskep as ’n aanbieder van ’n tydskrif-styl TV program en verloofde van ’n sportman. In die media industrie het mense haar die bynaam MTN gegee. (She is) Everywhere you go. Nuwe restaurante, nuwe hotelle wat oopgemaak word, as ’n koevert oopgemaak word, dan is MTN daar. MTN het die betrokke aand ’n skepping aangehad wat mens laat dink aan ’n jas wat vol Smarties geplak is.
Ek is bietjie voorbarig. “Ai, maar jy het ’n vrolike jakkie aan! Wie het dit vir jou aanmekaar gestik?”
“Versace!” sis sy. Sy het nie my kompliment waardeer nie.
Versace, Visagie, dink ek terwyl sy soos ’n skouperd weg klippetie-kloppetie in haar hemelhoë skoene met strikkies onder die hakskene.
Die volgende oggend toe sy grimeer word vir ’n welwillendheid fondsinsameling sien ek dieselfde eks-Mej Suid-Afrika met leepogies en knikkende kop terwyl die grimeerkunstenaar die divette (dis nou ’n mini diva) se kennebak met die een hand moet regop hou en haar mond met die ander hand probeer inkleur.
“Fire Engin!” mompel MTN. Die grimeerkunstenaar kyk haar net so en verf verwoed voort. “FIRE ENGIN!” bulk MTN. “Fire engin rooi lipstiek!” Die grimeerkunstenaar snork en haal die rooi lipstiek uit volgens die instruksies.
“En as jy so lyk?” vra ek vir MTN. Sy sukkel om te fokus as sy na my kyk en vertel met ’n sleeptong hoe haar drankie blykbaar gedokter sou wees. Dan onderbreek sy haarself en steek met ’n slap arm haar sjampanjeglas uit sodat haar Ma, wat nou ook haar persoonlike assistent is, dit haastig kan hervul.
Seker maar selfmedikasie, nê?

Posts